Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Elon Musk nou rykste mens op aarde

Elon Musk (49), Tesla-hoof en entrepreneur, is die rykste mens ter wêreld.

Hy het Jeff Bezos se rykdom Donderdag verbygesteek. Musk het nou $188,5 miljard in die bank – $1,5 miljard meer as Bezos.

Musk het ’n twiet van Tesla­ oor sy rykdom beantwoord­ met: “Hoe vreemd. Wel, gaan aan met werk.”

Dié oud-Pretorianer se rykdom het verlede jaar ’n groot inspuiting gekry toe die waarde van Tesla se aandele agtvoudig toegeneem het. Tesla is nou die waardevolste motorvervaardiger ter wêreld.

Forbes se miljardêrlys beskou Bezos nog as die rykste mens ter wêreld.

Dit is omdat Forbes ’n meer gematigde raming doen en in ag neem dat Musk van sy aandele in Tesla as sekuriteit vir persoonlike lenings­ gebruik het. – Bloomberg

Elon Musk
Meer oor:  Tesla  |  Jeff Bezos  |  Elon Musk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.