Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Diana se vriend tot Harry se redding

Een van Diana, ontslape prinses van Wallis, se bekendste vriende het Maandag in die bres getree vir haar seun en sy vrou.

Die superster Elton John het in ’n plasing op sosiale media gesê die volgehoue en valse karaktermoord op prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, moet end kry.

Die Sussex-egpaar het in die poniepers en op sosiale media deurgeloop omdat hulle kort nadat hulle van ’n vakansie in Ibiza na Engeland teruggekeer het, wéér met ’n private vliegtuig na Nice in die suide van Frankryk gevlieg het.

Elton John in 2016 ten tyde van die internasionale Vigskonferensie wat in Durban gehou is. Hy en prins Harry het destyds die verhoog gedeel. Foto: Getty Images
Elton John sing op Diana, ontslape prinses van Wallis, se begrafnis.

Kritici was veral bedrywig op sosiale media omdat die paartjie, wat hulself as omgewingsaktiviste beskou, glo nie ag slaan op hul koolstofvoetspoor nie.

John sê in sy plasing hy het betaal vir die private straler wat hulle van Engeland na Nice gevlieg het.

John sê hy het ook ’n skenking aan ’n organisasie – Carbon Footprint™ – gemaak sodat die vlug koolstofneutraal is.

“Ek voel verplig om Harry en sy familie teen die onnodige en indringerige media te beskerm wat tot die dood van sy ma, Diana, gelei het,” skryf John.

Dit is John se verwysing na sy hegte vriendskap met Diana wat meer gewig aan dié plasing gee. (John en Diana was lank vriende. Hoewel hulle ongeveer ’n jaar voor haar dood ’n uitval gehad het, het hulle kort voor haar dood in Augustus 1997 versoen.)

John sê hy en sy lewensmaat, David Furnish, wou hê die paartjie moes in die privaatheid van hul woning in Nice kom ontspan ná ’n bedrywige jaar.

Elton John soengroet Meghan, hertogin van Sussex, terwyl sy lewensmaat, David Furnish, vir prins Harry ’n drukkie gee by die vertoning van “The Lion King” in Julie vanjaar in Londen. Foto: Getty Images

Hy het ook daarop gewys dat Harry en Meghan beskerming nodig het en daarom het hy die private vlug vir hulle gereël en betaal.

Die paartjie, wat saam met hul eersteling, Archie, vakansie gehou het, is uiters gesteld daarop om hul seuntjie uit die kollig te hou. Steelfoto’s wat Maandag in die Britse media verskyn het, wys hoe Meghan met Archie in haar arms uit die vliegtuig klim. Die egpaar is bewus van die kameralense. Hulle kyk deurentyd af en albei dra ook hoede om hul gesigte grootliks te verberg.

* Die Sussex-gesin se vlug na Ibiza se voetspoor is ook koolstof-negatief. Die koninklike korrespondent Obid Scobie het getwiet dat die maatskappy se private vliegtuig waarmee Harry, Meghan en Archie na Ibiza gevlieg het, is sedert 2012 koolstof-neutraal.

* Bernie Taupin het enkele dae ná Diana se dood sy en John se treffer “Candle in the Wind” se woorde verwerk ter nagedagtenis aan Diana. ’n Emosionele John het “Goodbye England’s Rose” op haar begrafnisdiens in die Westminster-abdy gesing. Hy het onderneem om nooit weer dié lied in die openbaar te sing nie.* Die 22ste herdenking van Diana se dood is op 31 Augustus.

* Die Amerikaanse komediant Ellen DeGeneres het Maandag vir die Sussex-egpaar in die bresse getree met 'n Facebook-inskrywing oor hul bydrae tot omgewingsbewaring.

* Die Hollywood-superster George Clooney, wat ook vriende met die Sussexe is, het al opgemerk dat die media se belangstelling in Meghan soortgelyk is aan dié waaraan Diana onderwerp is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.