Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Elvis Presley se kleinseun (27) skiet homself

Benjamin Keough, Lisa Marie Presley se seun en Elvis Presley se kleinseun, is Sondag in Calabasas, Kalifornië, dood.

Bronne het aan TMZ gesê die 27-jarige Keough het homself glo geskiet.

Roger Widynowski, die ster se verteenwoordiger, het aan die tydskrif People gesê sy ma is verpletter.

“Sy is heeltemal gebroke, ontroosbaar en verpletter, maar probeer sterk bly vir haar 11-jarige tweeling en haar oudste dogter, Riley,” sê Widynowski. “Hy was die liefde van haar lewe.”

Keough se pa is die musikant Danny Keough en sy suster is die aktrise Riley Keough.

Lisa Marie Presley (middel) saam met haar oudste kinders Riley en Benjamin Keough. Foto: Reuters

Keough het deur die jare ’n lae profiel gehandhaaf, maar die een ding waarvoor hy veral bekend is, is dat hy op ’n haar na sy beroemde oupa gelyk het, berig CNN.

“Lisa Marie het gesê haar seun lyk soos Elvis. Hy was by die Opry en dit was die stilte voor die storm agter by die verhoog. Almal het omgedraai en toe hulle hom sien wou almal ’n foto neem, want die ooreenkomste is net buitengewoon.”

Hy was ook ’n musikant en het in 2009 ’n platekontrak van $5 miljoen losgeslaan.

Een van die laaste kere waar hy saam met die gesin in die openbaar gesien is, was in 2017 op die 40ste herdenking van Elvis se dood toe ’n nagwaak by Graceland, waar Elvis in Memphis, Tennessee, gewoon het, gehou is.


Meer oor:  Selfdood  |  Elvis  |  Benjamin Keough
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.