Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Emmys laat die sterre weer skitter

Die top-televisiesterre was spoggerig geklee toe hulle Sondag in Los Angeles byeengekom het vir die 71ste jaarlikse Emmy-toekenningsaand.

Kim Kardashian, Emilia Clarke, Zendaya en Mandy Moore was volgens Daily Mail die sexyste geklee.

Alle oë was op die stylvolle dames met hul aankoms by die sterbelaaide toekenningsgeleentheid in die Microsoft-teater.

Kim was ’n visioen in ’n waaghalsige swart rok wat haar soos ’n handskoen gepas het.

’n Bonkige ketting en ’n hangertjie met ’n kruis om haar nek, sowel as haar moeitelose, golwende hare, het bygedra tot haar stylvolle voorkoms.

LOS ANGELES, CALIFORNIA - SEPTEMBER 22: Mandy Moor
Mandy Moore by die Emmy-glansgeleentheid. Foto: Getty Images
LOS ANGELES, CALIFORNIA - SEPTEMBER 22: (EDITORS N
Emilia Clarke kom Sondagaand aan by die Emmy-glansgeleentheid. Foto: Getty Images

Emilia het die koppe laat draai in haar donkerblou rok met ’n baie lae hals, ’n belt in die middel en ’n heuphoogte spleet. Volgens CNN is dit ’n Valentino-nommertjie.

Zendaya het die ‘va va voom’ saamgebring in ’n verleidelike groen nommertjie wat haar mooi bene gewys het. Vogue berig haar rok is van Vera Wang, terwyl haar bypassende skoene deur Brian Atwood is.

Mandy Moore, hoofaktrise in This Is Us, het sexy gelyk in ’n pienk en bloedrooi nommertjie, met haar hare in los, prettige krulle. CNN berig dié skepping is ontwerp deur Brandon Maxwell.

Die modekenner Brooke Jaffe het aan Variety gesê dat Mandy se rok ook een van haar gunstelinge was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.