Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Familie se monde gesnoer oor Demi-Leigh se troue
Die foto van die bofbalspeler Tim Tebow, wat skynbaar trou-uitrustings aanpas terwyl Demi-Leigh Nel-Peters toekyk, verskyn op sy Facebookblad en Instagram. Foto: Facebook/Tim Tebow

Familie en vriende van Demi-Leigh Nel-Peters, voormalige Mej. Heelal, swyg daaroor of sy huis toe gekom het om met haar Amerikaanse verloofde, die bofbalspeler Tim Tebow, te trou.

Tebow het Sondag ’n foto van hom in ’n onderbaadjie en broek saam met Nel-Peters op Instagram en Facebook gedeel met die inskrywing: “Wedding outfit. What do y’all think? @demileighnp good to go?”

Nel-Peters is nou in Suid-Afrika waar sy volgens Facebook en Instagram by die Palace of the Lost City saam met familie en vriende is.

Schane Venter, Sarie se Voorbladgesig 2019, het Vrydag op Instagram by ’n foto van haar en Nel-Peters geskryf: “Celebrating our beautiful bride-to-be.” Sy het ook ’n foto van haar en Nel-Peters en nog vroue op Instagram gedeel wat mense laat gis het dat die vroue moontlik haar strooimeisies kan wees. In kommentaar by dié foto word die naam van Hanri Human, ’n mode-en-troufotograaf, genoem.

Schane Venter skryf by die foto van haar en Demi-Leigh Nel-Peters “(ons) vier die aanstaande bruid”. Foto: Instagram/Schane Venter/https://www.instagram.com/p/B7K006sBvGb/

Nel-Peters se pa, Bennie Peters, en haar ma, Anne-Mari Steenkamp, het Netwerk24 se navrae oor ’n moontlike troue op WhatsApp gelees, maar nie kommentaar gelewer nie. ’n Familievriend het by navraag laat blyk dat dit “nie nou die tyd is om iets daaroor te sê nie”, nadat hy met haar ouers gesels het.

Ook Nel-Peters se alma mater, die Hoërskool Outeniqua in George, en oudonderwysers wou nie ’n moontlike troue bevestig nie.

“Dit is Demi-Leigh se private dinge,” het ’n oudonderwyser gesê.

In kommentaar by dié foto van Demi-Leigh Nel-Peters en ’n groep vroue op Instagram word die naam van Hanri Human, ’n mode-en-troufotograaf, genoem. Foto: Instagram/Schane Venter/https://www.instagram.com/p/B7K006sBvGb/

Volgens niebevestigde inligting vind die troue moontlik Sondag in Stellenbosch plaas en dat die gaste in ’n Kaapse hotel tuisgaan en daarvandaan na die trouplek geneem word.

Nel-Peters het op 9 Januarie ’n video, wat nog nooit gesien is nie, van haar en Tebow se verlowing op Facebook en Instagram geplaas en onder meer geskryf: “Ek kan nie wag om jou te vrou te wees nie . . . binnekort”. Sy het die verlowing verlede jaar op 10 Januarie op Instagram aangekondig.

Glanspersoonlikhede wat moontlik die troue kan bywoon, sluit in Tebow se vriende, Chip en Joanna Gaines van die televisiereeks Fixer Upper, Laura Rutledge, ’n Amerikaanse televisie-aanbieder, en die Amerikaanse gholfspeler Billy Horschel.

Die geleenheidsbeplanner Zavion Kotze het vroeër op Instagram aangekondig hy help Nel-Peters om die troue te beplan.



Meer oor:  Tim Tebow  |  Demi-Leigh Nel-Peters  |  Troue  |  Liefde  |  Huwelik  |  Mej.Heelal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.