Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
FBI het Andrew nog nie genader oor Epstein, sê bron

Sprake dat prins Andrew weier om sy samewerking aan die Amerikaanse Federale Intelligensiediens (FBI) te gee word ontken.

Prins AndrewFoto: Getty Images

“Dit is van alle waarheid ontbloot,” het ’n bron na aan die 59-jarige prins aan die Britse The Telegraph gesê.

Die bron het met die dagblad gepraat nadat Geoffrey Berman, ’n Amerikaanse prokureur, Maandag in Manhattan in New York reg voor die deur van die luukse woning van wyle Jeffrey Epstein, die miljoenêr-seksoortreder, ’n perskonferensie gehou het en gesê het dat Andrew nog nie sy samewerking aan die FBI gegee het nie, berig Reuters.

Die Amerikaanse prokureur Geoffrey Berman Maandag aan die woord voor die deure van Jeffrey Epstein se Manhattan-woning in New York. Berman het gepraat op ’n geleentheid van Safe Horizon, ’n vereniging sonder winsoogmerk wat die aandag op New York se kinderdienste wil fokus. Foto: AP

Andrew se vriendskap met Epstein het hom reeds duur te staan gekom. Hy het reeds in 2015 sy pos as koninklike handelsambassadeur verloor omdat hy Epstein in New York besoek het nadat laasgenoemde reeds tronkstraf vir ’n seksoortreding uitgedien het.

En ná ’n rampspoedige TV-onderhoud laat verlede jaar, waarin hy sy vriendskap met Epstein probeer verdedig, moes Andrew ook as werkende koninklike “uittree”. Die onderhoud het geweldige openbare kritiek teen hom ontlok.

Epstein het verlede jaar in Augustus, terwyl hy verhoorafwagtend op aanklagte van sekshandel was, homself vermoedelik in sy tronksel opgehang.

Jeffery Epstein. Foto: AP

Die bron het aan The Telegraph gesê “die prins is baie gewillig om met die FBI te praat, maar is nog nie deur die diens genader nie”.

Andrew is kwaad oor die manier waarop die saak, met verwysing na Maandag se perskonferensie, uitgebeeld word, sê die bron aan The Telegraph.

Die prins het in die onderhoud met die BBC in November verlede jaar gesê hy is bereid om met die owerhede oor sy verbintenis met Epstein saam te werk.

Virginia Roberts Giuffre, een van die vroue wat beweer dat Epstein haar vir seksuele gunste aan sy vriende uitgeleen het, beweer ook dat sy op drie geleenthede op aandrang van Epstein met Andrew seks gehad het.

Andrew ontken dit en het in die onderhoud gesê dat hy haar nie kan onthou nie. – verwerk uit The Telegraph en Reuter


Meer oor:  Prins Andrew  |  Jeffrey Epstein  |  Ondersoek  |  Fbi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.