Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Fonds gestig om Cawood in kankerstryd by te staan

Die Suid-Afrikaanse Legendesmuseum in Pretoria het ’n fonds gestig om die aktrise Elize Cawood in haar kankerstryd by te staan.

Dit kom nadat die konsert wat Afrikaans is Groot (AIG) vir haar sou hou, weens die Covid-19-pandemie onbepaald uitgestel is.

Elize Cawood

Tot tyd en wyl die konsert nie aangebied kan word nie, kan die geld wat met die konsert verdien sou word, nie aan haar oorhandig word nie.

’n Klein bedrag wat die museum ingesamel het, is vroeër die maand aan Cawood oorhandig.

Sy het in November laas gewerk nadat kanker by haar gediagnoseer is.

“Ons was nie seker of dit sou werk en hoeveel mense ’n skenking sou wou maak nie,” sê Shaun Mynhardt, stigter van die museum, wat in Januarie sy deure oopgemaak het.

“In twee weke het 18 mense onderskeidelik tussen R50 en R1 000 geskenk. Ek het haar gekontak en sy was baie verras en dankbaar.”

Cawood het met die ontvangs van die geld gesê: “Baie dankie julle, dis amazing.”

Geld word steeds ingesamel.

Cawood het veral bekend geword om haar rol as Pop le Roux in Johan van Jaarsveld se dramareeks Verspeelde lente, gegrond op Johannes van Melle se gelyknamige roman. Sy het ook in reekse soos Konings en Samaritaan en in die fliek Die Wonderwerker verskyn.

Sy en haar man, die akteur Wilson Dunster, tree gereeld saam in verhoogproduksies op.

“Vir my gaan dit oor ons veteraanakteurs en -sangers, dis ook hoekom ek die museum gestig het – om aan hulle die erkenning te gee wat hulle verdien,” sê Mynhardt.

“Baie kunstenaars moet op hul oudag werk. Ek weet tans kry almal swaar, maar kom ons staan saam as Suid-Afrikaners en help vir Elize deur hierdie moeilike tyd.”

* Intussen is Barry Pretorius van AIG steeds voornemens om die konsert vir Cawood in Pretoria aan te bied, maar niks kan gereël word totdat daar meer duidelikheid oor groot byeenkomste is nie.

* Besoek https://pay.yoco.com/Elize-Cawood-Fonds indien jy Cawood geldelik wil bystaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.