Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Forest Whitaker in Kaapstad, praat met premier

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en die Amerikaanse akteur Forest Whitaker het Maandag oor raakpunte rondom Wes-Kaapse kwessies gesels.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en die akteur Forest Whitaker. Foto: Verskaf

Whitaker het die premier ingelig oor die werk wat sy stigting, die Whitaker Peace and Development Initiative, met jong mense op die Kaapse Vlakte doen, terwyl Winde fokus geplaas het op veiligheidsinisiatiewe in die provinsie.

Whitaker werk saam met jong mans en vroue in Suid-Soedan, Uganda, Mexiko, Suid-Afrika en die VSA om hul vaardighede as leiers en vredeswerkers te ontwikkel.

’n Deel van die inisiatief is om jong mense aan te moedig en te ondersteun om hul eie ondernemings te begin – ’n kwessie wat die premier na aan die hart lê.

Winde het op sy beurt Whitaker ingelig oor die geweldvoorkomingsprojekte wat die Wes-Kaapse regering as deel van sy veiligheidsplan vir die provinsie onderneem het om inwoners te beveilig.

Die premier het sy hulp en ondersteuning aangebied en gesê hoe belangrik vennootskappe tussen die regering, gemeenskappe en die burgerlike samelewing is sodat veiliger gemeenskappe gebou en vrede bevorder kan word.

Meer oor:  Forest Whitaker  |  Alan Winde  |  Wes-Kaap  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.