Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
FOTO: Mense liries oor ‘Catwoman’ sonder grimering

Michelle Pfeiffer, wat die rol van Catwoman in die Batman Returns-fliek in 1992 vertolk het, het sosiale media soos ’n kat op ’n warm plaat nadat sy ’n foto van haarself op Instagram gedeel het.

Michelle Pfeiffer
Michelle Pfeiffer het die rol van Catwoman in Batman vertolk. Foto: Giphy

Die 61-jarige Pfeiffer het sonder grimering in dié foto verskyn.

“Opgewonde om my familie vir Dankseggingsdag te sien, maar ek sal my Montreal-bemanning mis,” het Pfeiffer op Instagram geskryf.

Talle Instagram-gebruikers het onderaan haar foto vir haar geskryf dat sy steeds “pragtig” en “beeldskoon” is.

Die 61-jarige Michelle Pfeiffer het ’n foto sonder grimering geneem en op sosiale media gedeel. Foto: Instagram/Michelle Pfeiffer

“Ek hou daarvan wanneer bekende vroue nie bang is om sonder grimering afgeneem te word nie,” het een gebruiker geskryf, terwyl ’n ander haar geprys het omdat sy ’n foto sonder grimering gedeel het.

Pfeiffer, wat onlangs in die flieks Ant-Man en Maleficent verskyn het, werk aan ’n nuwe fliek getiteld French Exit.

Pfeiffer vertolk die rol van ’n sosiale vlinder van Manhattan, Amerika, wat haar geld vat en Frankryk toe trek saam met haar seun en haar kat.

Michelle Pfeiffer het op die rooi tapyt vir die fliek ‘Murder On The Orient Express’ in Londen in 2017 verskyn. Foto: Getty Images

Meer oor:  Michelle Pfeiffer  |  Instagram  |  Batman  |  Mode  |  Catwoman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.