Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
FOTO: ’n Koningin en 3 opvolgers

’n Pragfoto van koningin Elizabeth met haar drie opvolgers is uitgereik om die nuwe dekade te vier.

Die foto, wat op 18 Desember in die troonkamer in Buckinghampaleis geneem is, is maar die tweede foto van die koningin en haar drie opvolgers wat amptelik uitgereik is.

Dit is die eerste keer dat prins George met ’n langbroek op ’n amptelike foto verskyn. Sy wit hemp met die blou omboorsels raak nou ’n instelling wanneer hy op amptelike foto’s verskyn. Die koningin dra haar gebruiklik drie stringe pêrels en oorbelle wat uit haar oumagrootjie, koningin Mary, se juweliersversameling kom. Die borsspeld dagteken van 1886. Foto: Ranald Mackechnie, versprei deur Getty Images

In die vorige foto het prins George op ’n stel sponsboeke van die fotograaf gestaan om op dieselfde hoogte as sy pa, prins William, oumagrootjie en oupa, prins Charles te wees.

Dié keer staan die ietwat skugter prins selfversekerd op ’n trap met sy oupa se hand op sy skouer.

Net soos met die foto wat dieselfde fotograaf, Ranald Mackechnie, in 2015 geneem het, het almal weer ’n skakering van blou aan. George het ook ’n wit hemp met blou omboorsel aan soos wat hy op al sy amptelike verskynings in die openbaar dra.

Koningin Elizabeth dra ’n saffierborsspeld wat eens aan keiserin Maria Feodorovna behoort het. Sy glimlag breed en ’n Launer-handsak hang aan haar linkerarm.

Die foto is geneem op die dag toe die koningin se jaarlikse Kersete vir die lede van die koninklike familie in die paleis gehou is. Dit is ook by dié geleentheid dat die vier hand bygesit het om Kerspoedings te maak.

Die foto is ook ’n aanduiding van die meer vaartbelynde monargie wat Charles voorstel. Charles, op 70 die oudste troonopvolger nóg in die Britse geskiedenis, wil met sy heerskappy die werkende lede van die koninklike familie beperk tot sy gesin, William en prins Harry en hul kinders.

Prins Charles, koningin Elizabeth, prins George en prins Willam is in 2015 in Buckinghampaleis afgeneem. Dié foto is in 2016 ter ere van die koningin se 90ste verjaarsdag uitgereik. Foto: Ranald Mackechnie, versprei deur Getty Images

Tans help prinses Alexandra (83), ’n niggie van die koningin, en die 77-jarige prins Edward, die hertog van Kent, nog met koninklike verpligtinge

In die huidige dekade kan die koningin, tans 93, moontlik haar 100ste verjaarsdag vier, of kan Charles as troonopvolger die troon bestyg. William sal die titel as prins van Wallis by sy pa oorneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.