Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
FOTO: Toe prins Louis vir oupa Charles gaan kuier het

’n Nuwe foto waar prins Charles met sy jongste kleinkind, prins Louis, speel in die arms van sy ma, Catherine, hertogin van Cambridge, was Donderdagaand te sien in die BBC se dokumentêr Prince, Son & Heir Charles at 70.

Die prins word aanstaande week 70 en sy verjaarsdag sal met ’n banket in Buckinghampaleis gevier word.

Die foto van Louis is heel moontlik in April vanjaar geneem toe die prinsie vyf maande oud was, berig die Daily Mail.

In die dokumentêr is daar ook ’n foto waar Charles met sy vrou, Camilla, hertogin van Cornwall, se kleinkinders speel. Camilla vertel in die program hoe fantasties Charles met haar vyf kleinkinders is en hulle vermaak met snaaksste stemme en vir hulle voorlees uit J.K. Rowling se Harry Potter-boeke.

Prins William merk egter in die dokumentêr op hy wens sy pa wil sy werklading afskaal hoewel sy woordkeuse baie versigtig is.

William sê dat hy “daaraan werk” om sy pa sover te kry om meer tyd saam met sy kleinkinders, prins George, prinses Charlotte en prins Louis, deur te bring, berig The Telegraph.

Om meer tyd saam met hom tuis deur te bring sal wonderlik wees
Prins William

“Om meer tyd saam met hom tuis deur te bring sal wonderlik wees,” sê William in die onderhoud. “Wanneer hy daar is, is hy briljant (met die kleinkinders), maar ons het hom so veel moontlik daar nodig.”

Daar is al voorheen berig dat Charles gefrustreerd was met hoeveel tyd William en Catherine by haar ouers, die Middletons, deurbring en dat hy te min van sy kleinkinders sien.

In die dokumentêr maak Charles dit ook duidelik dat hy nie ’n inmengerige koning gaan wees nie, maar die voorbeeld van sy ma, koningin Elizabeth, gaan volg.

Die prins sê hy is nie “dom” om sy rol as prins van Wallis te verwar met dié van ’n monarg wat te alle tye onpartydig moet wees nie.

Die prins het vir homself ’n rol as prins van Wallis uitgekap wat gevul is met liefdadigheidswerk en sy eie Prince’s Trust, sy uitgesprokenheid oor die behoud van geskiedkundige argitektuur en die ontwikkeling van stede, en omgewingsbewaring, ’n liefde van hy aan albei sy seuns oorgedra het.

William meld egter dat hy sy eie paadjie sal volg wanneer hy eendag die prins van Wallis word.

Prins Harry vertel ook in die dokumentêr hoe trots hy op sy pa was toe hy sonder om te aarsel ingestem het om Meghan Markle na die altaar in die St. George-kapel te vergesel op hul troudag. “Ja natuurlik, ek sal doen wat ook al Meghan benodig en ek is hier om jou te ondersteun,” het Charles gesê.

Tydens die diens kon gesien word hoe Harry aan Charles “Dankie, Pa” sê toe hy Meghan aan Harry voor die altaar besorg het.


Meer oor:  Bbc  |  Prince  |  Koninklikes  |  Prins Louis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.