Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
FOTO’S: Charlize deel foto’s van kinders

Die Suid-Afrikaans gebore aktrise Charlize Theron het die afgelope naweek foto’s van haar dogters, August (5) en Jackson (8), op sosiale media gedeel.

Die 45-jarige Hollywood-aktrise het die foto’s geplaas ter ere van Dogterdag in Amerika en daarby geskryf: “My hart behoort aan hierdie twee pragtige, dinamiese mense. Ek sal nooit dieselfde wees nie. Gelukkige #NasionaleDogterDag.”

Die Suid-Afrikaanse ster deel selde foto’s van haar dogters met haar 6,3 miljoen Instagram-aanhangers. Theron het Jackson in 2012 aangeneem en August in 2015.

Sy het verlede jaar in ’n openhartige onderhoud onthul dat Jackson as ’n meisie identifiseer.

Volgens die Oscar-bekroonde aktrise is Jackson as ’n seun gebore, maar sy het vir haar vyf jaar gelede gesê dat sy eintlik ’n meisie is.

“Ja, ek het ook gedink sy is ’n seun. Totdat sy na my gekyk het toe sy drie jaar oud was en gesê het: ‘Ek is nie ’n seun nie!’ ”

Theron het die afgelope maande openhartig oor haar lewe as enkelma gepraat.

Sy het ook onlangs vertel hoe sy haar dogters, wat swart is, aanmoedig om bemagtig te voel te midde van die voortslepende betogings weens polisiewreedheid en rasse-onreg.

Die ster het gesê dat sy “regtig moeilike gesprekke” met haar dogters moes voer, en nie trotser kan wees op hoe hulle gereageer het nie.

“Hulle wou so graag proaktief wees en het gevra: ‘Ma, wat doen ons? Hoe kan ons dit verander?’ ” – People, Today en news.com.au


Meer oor:  Charlize Theron
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.