Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
FOTO’S: Die heelal se goue meisie in die Goudstad se strate

Mense het Donderdagoggend in die strate van Braamfontein, Johannesburg, saamgedrom om Mej Heelal, Zozibini Tunzi, in lewende lywe te siene te kry.

Toeters het weergalm soos die oop bus met Tunzi en Sasha-Lee Olivier, Mej. Suid-Afrika, verbygery het.

Mense het geskree: “Hallo Zozi!”

Tyd om fees te vier! Mej Heelal, Zozibini Tunzi, met haar arm omhoog. Foto: Felix Dlangamandla
Die bus met die Nelson Mandela-brug in die Johannesburgse middestad in die agtergrond. Foto: Felix Dlangamandla

Die bus het onder begeleiding van metropolisievoertuie om 09:45 by die Maslow Hotel in Sandton vertrek. Die bus het eers deur Sandton gery voordat dit die skoonheidskoninginne na Braamfontein geneem het. Die bus sou omstreeks 12:00 terugkeer na Sandton.

Mense het in die strate van Braamfontein saamgedrom om Tunzi te sien. Foto: Brümilda Swartbooi
Mej. Heelal, Zozibini Tunzi neem ’n selfie saam met ’n aanhanger. Foto: Felix Dlangamandla

Tunzi vlieg later vandag Kaapstad toe waar sy as ’n eregas van pres. Cyril Ramaphosa die staatsrede gaan bywoon.

Kapenaars kan gereedmaak om haar Vrydag te sien wanneer sy op ’n spesiaal ontwerpte sierwa deur die strate gaan ry as deel van haar tuiskomstoer. Haar sierwa sal met linte in die kleure van die Suid-Afrikaanse vlag versier word en dit het selfs ’n replika van haar Mej. Heelal-troon.

Tunzi is Saterdagoggend met ’n heldeontvangs op die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park begroet met haar terugkoms in die land nadat sy op 8 Desember verlede jaar in Atlanta, Georgia, as Mej. Heelal gekroon is.

Mej Heelal

Kaapse roete

Die sierwa vertrek Vrydag omstreeks 10:40 van die Kaapstadse stadsaal.

Hulle ry dan van die stadsaal af langs Darlingstraat,

draai links in Adderleystraat,

draai regs in Waalstraat,

draai links in Langstraat,

draai regs in Buitensingel,

draai regs in Loopstraat,

draai regs in Strandstraat,

draai links in Adderleystraat,

draai regs in Hertzog-boulevard,

ry in Hertzog-boulevard na Nelson Mandela-boulevard en eindig in Searlestraat.

Meer oor:  Mej Heelal  |  Zozibini Tunzi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.