Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
FOTO’S: Kritiek oor koningin en William sonder maskers verskyn

Koningin Elizabeth II en prins William het kritiek uitgelok toe hulle ’n laboratorium besoek het sonder om maskers te dra.

Dit was die 94-jarige monarg se eerste openbare afspraak sedert die inperking in Maart in Brittanje afgekondig is.

Hoewel sy en haar kleinseun nie een maskers gedra het met hul besoek aan die Defence Science and Technology Laboratory in Porton Down, Suidwes-Engeland, nie, het hulle wel hul afstand gehandhaaf. Die personeel is ook voor die tyd vir die koronavirus getoets.

Brittanje sukkel tans met ’n toename in infeksies en die premier, Boris Johnson, het Woensdag ’n Covid-19-waarskuwingstelsel met drie vlakke oor Engeland heen ingestel om die verspreiding van die virus te probeer stuit. Die koningin se besluit om nie ’n masker te dra nie het dus kritiek ontlok omdat die Britte verplig word om maskers in winkels en ander binnenshuise lokale te dra.

Koningin Elizabeth sonder ’n masker by die Defence Science and Technology Laboratory in Porton Down. Foto: Reuters

Die koninklike skrywer Omid Scobie en die TV-aanbieder Piers Morgan het onderskeidelik die koningin se besluit as “kommerwekkend” en “nie slim nie” bestempel.

Die drukgroep Republic het ook gesê die koningin behoort ’n voorbeeld te stel.

Ander meen weer dat dit ’n positiewe boodskap uitstuur aan die publiek wanneer meer beperkings ingestel word.

“Sy stuur ’n boodskap van vertroue aan die mense: Sy gaan terug werk toe, sy sal op die gewone manier werk, maar sonder om kanse te waag,” het die koninklike skrywer Robert Jobson gesê.

Koningin Elizabeth en haar kleinseun prins William is gekritiseer omdat hulle sonder maskers die Defence Science and Technology Laboratory in Porton Down besoek het. Foto: Reuters

Buckingham-paleis het gesê die koningin het besluit om nie ’n masker te dra nie nadat sy haar eie medici en wetenskaplikes van dié navorsingsgerief, wat Brittanje in sy reaksie op die pandemie bystaan, geraadpleeg het.

“Advies oor die besoek is by medici en die relevante partye ingewin,” het die woordvoerder gesê.

Die monarg, wat die tyd van die inperking saam met haar man, prins Philip, in Windsor-kasteel deurgebring het, het tot dusver haar amptelike pligte aanlyn uitgevoer

Die koninklike familie is in Maart ook deur die pandemie geraak toe die troonopvolger, prins Charles (71), positief vir die virus getoets is. Hy was in Skotland in isolasie en sy kantoor het destyds gesê dit is onbekend hoe hy die virus opgedoen het. Reuters, CNN en Daily Mail


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.