Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
FOTO’S: Mej. SA-finaliste besoek Kaapse akwarium
Sommige van die finaliste voor ’n haaitenk. Vlnr is Busisiwe Mmotla, Aphelele Mbiyo, Thato Mosehle, Chantelle Pretorius, Jordan van der Vyver, Natasha Joubert, Melissa Nayimuli, Karishma Ramdev en Lebogang Mahlangu. Foto: Jaco Marais

Die finaliste in vanjaar se Mej. SA-kompetisie het Maandag op ’n besoek aan die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad oor seediere geleer en seeskilpadjies gevoer.

Dit was die laaste afspraak op die groep finaliste se agenda voordat die finale voorbereidings vir die kroningsaand Saterdag begin.

Talitha Noble (tweede van regs), bewaringskoördineerder van die Akwarium-stigting, vertel vir van die Mej. SA-finaliste meer oor seeskilpadjies. Vlnr is Van der Vyver, Mosehle, Mmotla, Pretorius, Noble en Mbiyo.Foto: Jaco Marais

Voordat hulle die akwarium besoek het, het hulle op die groot wiel in die waterfront gery en die prag-uitsig op Tafelberg bewonder.

Maryke Musson van die Akwarium-stigting het die finaliste toegespreek en die toptien voorgestel aan ’n spesiale seeskilpad, Bob, wat volgens haar ’n ambassadeur vir die akwarium is.

“Bob het ’n wonderlike herstelpad gestap nadat hy by ons aangekom het. Sy dop was aan die onderkant gekraak en hy het ’n ballon, met die lint nog aan, ingesluk, asook ’n hele plastieksak.

Jordan van der Vyver van die Wes-Kaap (regs) bekyk die seelewe.Foto: Jaco Marais

“Hy het oorleef en is nou ons grootste ambassadeur en voorbeeld van deursettingsvermoë,” sê Musson. “Ons het hulle ook voorgestel aan die heel kleinste seeskilpadjies wat ons versorg en die meisies was baie ingenome met die klein diertjies.”

Musson sê hulle het ook die geleentheid gehad om die tenks van bo af te bekyk waar die kos vir die seediere ingegooi word, wat baie min ander besoekers beskore is.

“Dit was vir ons baie belangrik om hulle meer te vertel van ons natuurbewaringswerk en opvoedkundige inisiatiewe. Ons het die land se ambassadeurs ook meer vertel van die gevare van enkelgebruik-plastiek.”

Die finaliste is Shudufhadzo Musida (24, Limpopo), Jordan van der Vyver (25, Wes-Kaap), Aphelele Mbiyo (24, Oos-Kaap), Lebogang Mahlangu (24), Busisiwe Mmotla (27), Chantelle Pretorius (24), Natasha Joubert (23, almal Gauteng), Thato Mosehle (23, Noordwes), Melissa Nayimuli (24, Oos-Kaap) en Karishma Ramdev (25, KwaZulu-Natal).

Meer oor:  Two Oceans  |  Finaliste  |  Skoonheidskompetisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.