Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
FOTO’S: Modes, pluimvere en kousbande in Windsor

Pluimvere, mantels en kousbande was Maandag aan die orde van die dag met die tradisionele Orde van die Kousband-plegtigheid by Windsorkasteel in Windsor.

Die geleentheid was meer spesiaal as gewoonlik omdat koning Willem-Alexander van Nederland en koning Felipe van Spanje ook tot spesiale ridders van die eeue oue orde vereer is.

Tussen die ouwêreldse glorie het koningin Maxima van Nederland, koningin Letizia van Spanje en Catherine, hertogin van Cambridge, in ontwerpersklere én hoede gespog.

Koningin Maxima van Nederland en Catherine, hertogin van Cambridge, het heerlik op die trappe van die St. George-kapel gestaan en lag ná ’n diens in die kapel. Foto: Reuters
Koningin Letizia van Spanje en Camilla, hertogin van Cornwall, het saam met ander koninklike gades gestaan om na die prosessie van ridders uit die kasteel na die kapel te kyk. Foto: Getty Images
Sophie, gravin van Wessex, gesels met koningin Letizia. Camilla, hertogin van Cornwall, staan in die middel met koningin Maxima langs haar. Catherine, hertogin van Cambridge, staan heel regs.Foto: Getty Images
Koning Felipe en koning Willem-Alexander stap verby die afdak waar die koninklike vroue na die prosessie gekyk het. Foto: Getty Images
Die Spaanse en Nederlandse konings is met spesiale ordes van die kousband vereer. Foto: Reuters
Die ridders met hul mantels en pluimvere stap die trappe van die St. George-kapel op. Die prosessie stap van die St. George-saal in die kasteel tot by die kapel. Foto: Getty Images
Die orkes van die Household Cavalry word in die tuba gereflekteer van een van die blaasorkes se lede. Foto: Reuters
Koningin Elizabeth verlaat die kapel ná die Orde van die Kousband-diens in die kapel. Die orde is die oudste oorlewende orde van ridderskap ter wêreld. Foto: AP
Koningin Letizia van Spanje en prins William gesels op die trappe van die kapel. Foto: Getty Images
Koningin Letizia en Catherine in die koets waarmee hulle weer van die kapel na die kasteel gebring is. Foto: AP
Koningin Elizabeth se mantel word deur hofknape gedra terwyl sy die trappe van die kapel afstap. Prins Charles is langs haar met Camilla, Catherine, koningin Maxima, koningin Letizia, koning Willem-Alexander en koning Felipe en ander koninklikes wat nog die trappe afstap.Foto: AP

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.