SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Celebs
FOTO’S: Monaco-jongspan steel die kollig

Alte oulik! Monaco se prins Jacques en prinses Gabriella het Dinsdag saam met hul niggies en nefies op die Pienk Paleis se balkonne vir die skares gewaai.

Bonjour! Prins Albert en prinses Charlene se oulike tweeling, prins Jacques en prinses Gabriella, groet vanaf die balkon van die paleis op Monaco se nasionale dag, 19 November.Foto: Reuters
Die tweeling het ’n balkon met hul niggie aan moederskant, Kaia-Rose Wittstock (links) gedeel. Kyk net Gabriella se ontwerpersrokkie en Jacques se uniform. Foto: Reuters
Kyk boetie! Die tweeling se hande het gewys hoe opgewonde hulle oor die feesvierings was. Foto: Getty Images
Prins Albert praat met sy prinses Gabriella terwyl prinses Charlene ook afbuk. Gabriella het ’n pragtige donkerblou jas gedra wat sy later uitgetrek het.Foto: Getty Images
Ma Charlene praat met haar seun wat vir ’n oomblik nie te beïndruk met die parade en feesvoerings buite die paleis gelyk het nie. Foto: Reuters
Aartjie na sy vaartjie. Prins Jacques en prins Albert klap hande.Foto: Getty Images
Prinses Charlene kyk toe hoe Jacques en Charlene vir die skare waai.Foto: Reuters
Prins Jacques was Dinsdag seer sekerlik die oulikste soldaatjie in Monaco! Foto: Reuters
Lede van die vorstegesin het op balkonne in die Pienk Paleis die feesvierings gade geslaan. Links staan prinses Charlene en prins Albert en regs prinses Caroline se oudste seun, Andea Casiraghi.Foto: AP
Beatrice Casiraghi en haar seun, Francesco. Foto: Getty Images
Prinses Charlene tydens Dinsdag se nasionaledagvieringe in Monaco. Foto: Getty Images
Prinses Charlotte van Hanover (regs) stap saam met haar broer Pierre Casiraghi en sy vrou, Beatrice, na die feesvieringe. Foto: AP
Prinses Charlene se hoed het perfek by haar broekpak in winterwit gepas. Foto: AP
Beatrice Casiraghi (heel links) en Pierre Casiraghi het ’n balkon met Pierre se ma, prinses Caroline, gedeel. Caroline hou Pierre en Beatrice se seuntjie Francesco vas, terwyl Pierre sy oudste seun, Stefano, in sy arms het. India Casiraghi, dogter van Pierre se ouer broer, Andrea, en Tatiana Santo Domingo, loer deur die balkonrelings. Foto: AP
Prinses Charlotte van Hanover, dogter van prinses Caroline, en haar broerskind Alexandre Casiraghi.Foto: AP

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.