Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
FOTO'S: Vroue van ‘The Bachelor’ vind liefde

Die liefde blom en soos die nuwe jaar aanbreek vir verskeie deelnemers van The Bachelor SA se tweede seisoen, spog al hoe meer van die vroue op sosiale media met hul nuwe liefde.

Aanhangers loop oor van blydskap vir haar nadat die ster van The Bachelor SA se tweede seisoen, Marc Buckner, Bridget Marshall se hart gebreek en Marisia van Wyk bo haar gekies het.

“Jy is die heel beste Kersgeskenk,” sê Marshall op Instagram oor haar kêrel, Kobus de Kock, ’n rugbyspeler wat voorheen vir die Haaie en die Goue Leeus uitgedraf het.

Marc Buckner en Marisia van Wyk op hul laaste afspraak voordat hy haar gekies het. Foto: Verskaf

Sy het ’n foto van hulle gedeel wat by die vuurtoring naby haar woonplek in Seepunt geneem is.

Bridget Marshall en Kobus de Kock. Foto: Instagram/Bridget Marshall

Marc en Marisia se verhouding het sover wipplank gery nadat hulle vroeër vanjaar uitmekaar is, maar oënskynlik weer versoen het. Wat hierdie keer anders is, is dat hulle nie meer foto’s van mekaar op sosiale media deel nie.

Aanhangers van die program sien hulle gereeld saam waar hulle in plekke soos Stellenbosch rondstap en neem skelm foto’s van hulle. Hul twee honde, Si en Luna, is ook steeds beste maats.

Ook Jessica Ross, wat die topdrie gehaal het, het ’n nuwe liefde. Die man aan haar sy is Brent Thompson, ’n model en persoonlike afrigter. Hulle kuier gereeld in Constantia en die Kagga Kamma-natuurreservaat en hy beskryf haar as “die middelpunt van sy bestaan”.

Jessica Ross en Brent Thompson. Foto: Instagram/Jess Dorothy

Onlangs het Andeline Wieland van Namibië pragfoto’s van die man in haar lewe gewys.

In November het sy op Instagram die bekende liedjie, “Toe vind ek jou” deur Karen Zoid en Francois van Coke aangehaal en gesê: “Jy is een in ’n biljoen, Kris Barnard. Dankie dat jy ’n daaglikse lig in my lewe is, dat jy my nommer een voorstander is van my mal wêreld.

“Wie sou geweet het dat jy 11 jaar later steeds die vriend sal wees wat ek nodig het as ek nie meer weet wat om te doen nie?”

Andeline Wieland en haar kêrel, Kris Barnard. Foto: Instagram/Bachelor SA

Jessica Calder is net so smoorverlief op Bauke Hanekom. Hy is die mede-eienaar van ’n gimnasium in Kaapstad en het duisende volgelinge op Instagram.

Hy het met sy Adonis-lyf kom al in die tydskrif Men’s Health verskyn.

“’n Droom is net ’n droom totdat jy dit die waarheid maak,” sê Calder by ’n foto van hulle in Halloween-kostuums.

Jessica Calder en Bauke Hanekom. Foto: Instagram/Lady Jessica Calder

Ander deelnemers, soos Pasha dos Santos en Silke Geugis, is heeltemal tevrede met hul lewe as enkellopendes.

Qiniso van Damme sal hoop om liefde te vind as die ster van die eerste seisoen van The Bachelorette SA.

Dié nuwe seisoen sal in Februarie op M-Net uitgesaai word.

Meer oor:  Bridget Marshall  |  Marc Buckner  |  Realiteitsreeks  |  The Bachelor  |  Bekendes  |  Celebs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.