Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Geheim is uit oor Rox-Zee se blondekop-man
Rox-Zee en haar vriend Nicolas.Foto: Instagram/Roz-Zee Veldhuizen

Die voormalige Boer soek ’n vrou-ster Rox-Zee Veldhuizen (29) het aanhangers Sondagaand opgewonde gehad toe sy in ’n vloed van Instagram-plasings foto’s met ’n blondekopman aan haar sy geplaas het.

Op die foto’s sit die tweetjies styf teen mekaar en poseer selfs in swemklere. Baie mense het gedink hy is dalk haar nuwe kêrel nadat haar en JJ Stander se paadjies geskei het.

Wat bygedra het tot die misterie is dat die foto’s wat sy geplaas het, aanvanklik geen byskrifte gehad het nie.

Van haar 33 000 volgelinge het aangeneem sy en die man, op Instagram geïdentifiseer as Nicolas D, is verlief.

Nicolas sê op sy profiel dat hy ’n veearts is wat spesialiseer in chirurgie op perde.

Veldhuizen, ’n geesdriftige perderuiter, is self gek oor perde en besit selfs ’n paar perde. Sy plaas gereeld foto’s van haar saam met haar perde en sê sy sal hulle vir niks verruil nie.

Op Nicolas se profiel staan ook: “Ek jaag branders, drome en die son”. Hy het ook ’n pragtige perd langs hom op sy profielfoto.

“Vir almal van julle wat so desperaat is om te weet, nee, ons is nie ’n paartjie nie,” het Veldhuizen later by een van die foto’s van haar en Nicolas geskryf.

“Hy is ek in manlike vorm. Ons hou altwee, nogal baie, van mans.”

By die boodskap het sy ’n groot lag-gesiggie gebruik. Sy het ook die byskrifte, “my bestie,” en “my gunsteling,” by die ander foto’s van hulle geskryf.

Vir almal van julle wat so desperaat is om te weet, nee, ons is nie ’n paartjie nie.

Stander het intussen op Facebook aangekondig dat hy liefde gevind het by Nélene van der Westhuizen, ’n aktrise. Hulle is sedert 22 Augustus in ’n verhouding.

Veldhuizen kon Maandag vir kommentaar bereik word nie.

View this post on Instagram

???????? ??????. ?????? ??????.

A post shared by ????`???????? ?????? ?????? ????????h?????????? (@nelenevanderwesthuizen) on

Meer oor:  Rox-Zee Veldhuizen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.