Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
George Michael se suster nes hy op Kersdag dood
George Michael is op Kersdag 2016 oorlede. Foto: Getty Images

Die ontslape superster George Michael se jongste suster is die afgelope Kersdag, op die derde herdenking van Michael se dood, oorlede, berig die Mirror.

Die 55-jarige Melanie Panayiotou se lyk is in haar huis in Hampstead in Londen deur haar ouer suster, Yioda, gevind.

Michael en Melanie was baie geheg aan mekaar. Hy het ’n groot deel van sy boedel van £97,6 miljoen aan Melanie nagelaat, berig Mailonline.

George is drie jaar gelede in die ouderdom van 53 dood in sy huis in Goring-on-Thames gevind.

Sy talle solotreffers en dié wat hy as lid van die groep Wham! gesing het, is verwerk in ’n rolprent met ’n Kerstema wat betyds vir die afgelope Kerstyd uitgereik is, Last Christmas.

Van George se treffers wat wêreldwyd topverkopers was, sluit in Last Christmas, Faith, Careless Whisper en You Have Been Loved.

John Reid, ’n prokureur, het in ’n kort verklaring Melanie se dood bevestig, berig Mailonline. 

Melanie Panayiotou met ballonne by ’n partytjie van die popgroep Wham! waarvan haar broer, George Michael, lid was. Foto: Getty Images
Meer oor:  George Michael  |  Dood  |  Kersdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.