Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Gibbs moet babaseun onderhou beslis hof

Herschelle Gibbs moet verantwoordelikheid aanvaar en na sy babaseun omsien, sê ’n gewese Mev. Suid-Afrika-finalis nadat sy ’n tussentydse hofbevel gekry het om hom te dwing om onderhoud aan haar te betaal.

Die 29-jarige eiendomsagent was in 2017 nog getroud, maar haar huweliksbootjie was volgens haar reeds in onstuimige water, toe sy swanger raak met die sproetgesig-sportman se kind. Sy is verlede jaar amptelik geskei en haar en Gibbs se baba is in September verlede jaar gebore.

Herschelle Gibbs
Herschelle Gibbs

Sy het hom in Januarie hof toe gesleep. Sy sê hy het sedert die seuntjie se geboorte nog net een keer R15 000 vir haar gegee. Sy eis onderhoud van R17 200 per maand.

Gibbs woon in ’n luukse huis in Kampsbaai. Ingevolge die tussentydse onderhoudsbevel wat Woensdag aan haar toegestaan is, moet Gibbs haar maandeliks R4 500 betaal.

“Ek wil net onderhoud vir my kind hê. Ons is nie onbillik nie. Daar is niks wat ons wegsteek nie. Ek het ’n ruk in die VSA eiendomme verkoop, maar dit het nie uitgewerk nie, want my ondersteuningsbasis was te ver.

“Ek dra nie brand-klere nie. Ek is net ’n gewone ouer,” sê sy.

Sy sê haar familie ondersteun haar en daar is verskeie pa-figure in die kleinding se lewe, onder meer haar pa, ’n polisieman.

“Maar ’n kind het ’n pa nodig. Ons verwelkom Herschelle in sy kind se lewe. Ek sal nooit die kind van sy pa weerhou nie.”

Volgens haar kom Rashard Fuller (23), Gibbs se seun uit ’n vorige verhouding, soms by die baba.

Gibbs is in 2008 van sy vrou Tenielle (gebore Povey) geskei ná ’n huwelik van net meer as ’n jaar.

Gibbs het by navraag gesê hy het sy jongste se ma net drie keer gesien in ’n tydperk van tien dae. “Sy het gesê sy verhuis na Amerika om ’n nuwe lewe te begin omdat sy geskei is. Duidelik was dit nie die geval nie. Sy is in Mei 2018 amptelik geskei.

 

Meer oor:  Herschelle Gibbs  |  Onderhoud
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.