Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
G'n koperbad, jogastudio in hul huis, sê Meghan

Prins Harry en sy vrou, Meghan, het nie ’n peperduur koperbad in hul woning laat installeer nie en het ook nie ’n jogastudio in Frogmore Cottage in Windsor laat aanbou nie.

Meghan, hertogin van Sussex, en prins Harry op 2 Oktober in Johannesburg tydens hul koninklike toer na Suid-Afrika. Foto: Getty Images

“Vals” en “absurde” beriggewing oor die aanbouings in Frogmore Cottage is enkele van die voorbeelde wat Meghan, hertogin van Sussex, se regspan uitlig in haar regsaksie teen onder meer die Daily Mail en die Mail on Sunday asook Associated Newspapers, die mediagroep waartoe die koerante behoort.

Brief aan haar pa

Sy dagvaar ook die betrokke koerante vir kopieregskending en misbruik van private inligting omdat die Mail on Sunday voorgegee het hy publiseer die volledige brief wat Meghan aan haar vervreemde pa, Thomas Markle, geskryf het. Meghan sê net dele van die brief is gepubliseer en dit skep ’n wanvoorstelling van haar.

Dele in die brief wat uitgelaat is, dui volgens die hofdokumente daarop dat Meghan jare lank finansiële voorsiening vir Markle gemaak het, dat haar span in Los Angeles na haar pa se welstand omgesien het sedert haar verhouding met Harry bekend geword het, en dat sy bekommerd was dat die poniepers haar pa sal uitbuit.

Frogmore Cottage

Frogmore Cottage in Windsor. Foto: Getty Images

Berigte oor verbouings by die Sussexe se woning waarvoor die Britse belastingbetalings glo R43.5 miljard moes opdok, is ook gepubliseer om lesers teen die paartjie te vergiftig, word in die hofdokumente aangevoer. Benewens die koperbad (teen sowat R90 000), jogastudio en klankdigte vensters (teen sowat R9 miljoen), is daar ook berig oor ’n tennisbaan en afsonderlike vleuel vir Doria Ragland, Meghan se ma, wat glo by Frogmore Cottage gebou is. Meghan ontken al die bewerings in die hofdokumente.

Berigte oor Meghan se babatee in New York is ook opgemaak en aangedik, lui die hofdokumente.

Die koste verbonde aan die babatee was ’n fraksie van die R4,5 miljoen wat die Daily Mail berig het die koste was. Meghan het Ragland ook nie versaak vir haar ryk vriendekring nie. Ragland kon volgens die hofdokumente weens werkverpligtinge nie die babatee bywoon nie. Daar is berig hoe Ragland alleen in Los Angeles is, terwyl haar dogter en haar vriende die babatee bywoon.

Nuus oor die regsaksie het bekend geword aan die einde van die Sussexe se koninklike toer in Suid-Afrika. Harry het in toe in ’n emosiebelaaide verklaring gesê die geskiedenis herhaal homself omdat Meghan net soos sy ma, Diana, destydse prinses van Wallis, deur die media geteister word.

Sowel Harry as Meghan het in ’n dokumentêre program wat tydens die toer verfilm is, Harry and Meghan: An African Adventure, daarop gesinspeel dat die media hul lewe hel maak.

Die paartjie is tans op ’n breek van ses weke en sal nie soos die tradisie is, saam met die res van die koninklike familie Kersfees op Sandringham vier nie.

Ragland sal van Amerika na Brittanje reis vir Kersfees. – Aanvullende bronne: Hello!, Byline Investigates en The Telegraph.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.