Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Gossip Girl-akteur koop 'n Pigcasso
Die Britse akteur Ed Westwick glimlag by die skildery en kunstenaar daarvan. Pigcasso, die vark wat met haar snoet verf, het die afgelope naweek vir Westwick ’n kunswerk gemaak wat hy vir R25 000 gekoop het. Foto: Joanne Lefson

Een van die hartebrekers van die TV-reeks Gossip Girl het sy hart verloor op ’n skildery deur Suid-Afrika se eie Pigcasso, die vark wat met haar snoet verf.

Die Britse akteur Ed Westwick, wat veral bekend is omn sy rol as Chuck Bass in dié TV-reeks, het Vrydag die kunssinnige vark in Franschhoek besoek en die volgende dag teruggegaan om een van “haar kunswerke” te koop.

Joanne Lefson, Pigcasso se eienaar en kunsvennoot, sê Westwick het ’n goeie kleurkeuse gemaak vir die skildery. Daarna het Pigcasso die kwasse en haar snoet laat swaai.

Saam met Westwick was ’n vriend van Los Angeles wat ook sy eie Pigcasso-skildery aangevra het.

“Pigcasso moes dus Saterdag hard werk aan twee meesterstukke op een dag,” het Lefson gesê.

Hoewel Pigcasso se kunswerke in die huise van verskeie glanspersoonlikhede hang, hoop hulle om eendag ’n spesiaal gemaakte skildery aan die akteur George Clooney te kan gee.

Voordat Pigcasso in Hollywood draai, mik sy om later vanjaar in Europa se somerseisoen ’n uitstalling daar te hou.

Maar voordat Pigcasso in Hollywood draai, mik sy om later vanjaar in Europa se somerseisoen ’n uitstalling daar te hou. Lefson sê die beoogde Europese uitstalling is weens die koronaviruspandemie verlede jaar uitgestel.

Boonop is ’n moontlike dokumentêr rondom Pigcasso vir later vanjaar ook ’n moontlikheid, maar daaroor wou Lefson nie veel sê nie.

Pigcasso het reeds verskeie kere opslae gemaak met haar kunswerke, maar het verlede jaar in Februarie finaal tot die internasionale mark deurgebreek toe Swatch-horlosies een van haar kunswerke op die wyserplaat en bandjie van ’n beperkte uitgawe plaas.

Was dit nie vir Lefson nie, was Pigcasso se talente vir die wêreld verlore. Sy het Pigcasso in 2016 as klein varkie van ’n slagplaas gered het. Sedertdien is haar voorliefde vir verf ontdek.

Die opbrengs van Pigcasso en Lefson se skilderye, waarvoor Westwick ook R25 000 betaal het, gaan na Lefson se Farm Sanctuary SA, ’n skuiling vir verwaarloosde diere.

Meer oor:  Ed Westwick  |  Kuns  |  Vark  |  Akteur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.