Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Grande se nuwe liedjie laat die rekords spat
Die popster Ariana GrandeFoto: Getty Images

Ariana Grande se jongste treffer “thank u, next” het die rekords laat spat nadat dit net verlede week al byna 93,8 miljoen keer gestroom is.

Nielsen Music sê dit is nou die meeste kere dat ’n liedjie deur ’n sangeres in ’n week gestroom is nadat Taylor Swift se “Look What You Made Me Do” voorheen 84,5 miljoen keer gekyk is.

Grande se liedjie is ook nou weer boaan die Billboard Hot 100, berig ABC News.

Nadat sy die musiekvideo gemaak het, het sy die mense wat daaraan gewerk het, bedank en gesê sy het nie meer ’n stem nie en wil ses jaar lank gaan slaap, berig die tydskrif People.

Daar is verskeie verwysings na flieks soos Mean Girls, Legally Blonde en 13 Going on 30 in haar musiekvideo.


Meer oor:  Ariana Grande  |  Vermaak  |  Thank-U-Next  |  Musiekvideo  |  Celebs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.