Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Groot opwinding heers op vooraand van Mej. SA
Catriona Gray (links), Mej. Heelal, en Demi-Leigh Nel-Peters (regs), voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Heelal, is twee van die beoordelaars wat Vrydag sal help om die nuwe Mej. Suid-Afrika aan te wys. Nel-Peters sal ook vir Tamaryn Green (middel) help om die wenner te kroon. Foto: Isabel Venter

Die finaliste in die Mej. Suid-Afrika-kompetisie is op die vooraand van die kroningseremonie senuweeagtig én opgewonde.

Tamaryn Green, Mej. Suid-Afrika, het Donderdag op ’n mediakonferensie laat blyk dat sy heelparty van die 16 deelnemers gerus moes stel.

Green het twee van die vyf beoordelaars, Catriona Gray, Mej. Heelal van die Filippyne, en Demi-Leigh Nel-Peters, voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Heelal in 2017, sterkte toegewens met die groot taak wat Vrydag op hulle wag.

Die kroning van 2019 se Mej. Suid-Afrika word in Sun International se Sun Arena in Time Square, Pretoria, aangebied.

“Ek wil Vrydag op geen ander plek wees nie. Dit gaan ’n ongelooflike voorreg wees om vroue op Vrouedag te vier,” sê Green.

Nel-Peters, wat deesdae in Amerika woon, is net so opgewonde om Vrouedag in Suid-Afrika te kan vier én boonop vir die geleentheid om ’n nuweling by die “sisterhood” te verwelkom.

Gray sê sy is beïndruk deur vanjaar se groep finaliste.

Tamaryn Green, Mej. Suid-Afrika (middel), Donderdag saam met twee van die beoordelaars wat Vrydag sal help in die soektog na die nuwe Mej. Suid-Afrika: Catriona Gray (links) en Demi-Leigh Nel-Peters. Foto: Isabel Venter

“Hulle is passievol en uiteenlopend, en ek is ongelooflik trots op Suid-Afrika wat hierdie ongelooflike vroue het wat later ook hul land in die Mej. Heelal-kompetisie kan verteenwoordig,” het Gray gesê.

Green het bygevoeg dat skoonheidskompetisies steeds relevant is.

“In my jaar as Mej. Suid-Afrika het ek soveel geleentheid gekry om met mense te gesels oor onder meer tuberkulose; ek voel dit het regtig ’n verskil gemaak,” sê sy.

Dit gaan nie net meer oor ’n mooi gesig of die regte lyf nie, meen Green.

Volgens Gray en Nel-Peters sal hulle kyk na die kandidate se opregtheid, selfversekerdheid, liefde vir Suid-Afrika en hul passie om ’n verskil in die samelewing te maak.

Vanjaar se vyf beoordelaars is almal vroue.

Nel-Peters en Gray sal bygestaan word deur Anele Mdoda, radio-en-TV-persoonlikheid, Connie Ferguson, aktrise en sakevrou, en Thando Hopa, model, aktivis en prokureur.

Die kroningsgeleentheid word Vrydag regstreeks op M-Net en Mzansi Magic uitgesaai.

Lees ook: Waar om Mej. Suid-Afrika aanlyn te kyk

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.