Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Gwyneth in evasgewaad vir 48ste verjaardag

Gwyneth Paltrow het weer die internet op hol nadat sy vir haar 48ste verjaardag Sondag ’n foto van haarself in haar evasgewaad op sosiale media gedeel het.

Sy het die foto op Instagram geplaas en skryf daarby: “In niks anders as my verjaardagpakkie nie. Baie dankie vir al die verjaardagwense.”

Paltrow, wat deesdae bekend is as stigter van die e-winkel Goop, het ook nie die kans laat verbygaan om een van haar produkte te bemark nie – Goop se nuwe lyfbotter het haar “oortuig om uit haar klere te glip”. Dit verkoop teen amper R1 000 vir net meer as 150 ml.

Hierop het haar dogter, Apple (16), gereageer met: “Ma!”

Vele bekendes het ook op haar plasing gereageer, soos haar vriendin die Friends-aktrise Courteney Cox, wat skryf sy is ’n beeldskone vrou en op verskeie maniere ’n inspirasie.

Die model Naomi Campbell skryf: “Jy het dit, wys dit!”

Die aktrise Vanessa Hudgens het op die plasing gereageer met: “Wow.”

Die geheim van Paltrow se skoonheid, soos almal weet die geval met bekendes is, is dat daar baie meer in hul lywe ingaan as net lyfbotter, het die tydskrif Vulture geskerts.


Meer oor:  Celebs  |  Gwyneth Paltrow  |  Naak  |  Verjaarsdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.