Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Halleluja! 'n Klein Psalm vir Kim en Kayne

Die werklikheidsreeks-ster Kim Kardashian-West het die naweek ’n debat op sosiale media ontketen toe sy haar jongste seun se naam bekend gemaak het.

Psalm WestFoto: Instagram
Kanye West en Kim Kardashian-WestFoto: Getty Images

Die jongste toevoeging tot haar en Kanye West se kroos is verlede week deur ’n surrogaatma in die lewe gebring en heet Psalm West.

Kardashian-West het die naam op Instagram met haar minstens 60 miljoen volgelinge gedeel en laat weet dat hulle geseënd is met alles wat hulle nodig het.

Van haar volgelinge het nie op hulle laat wag nie en een wou weet of hy sy kind “Halleluja” kan noem omdat daar skynbaar geen reëls is wanneer dit by babaname kom nie.

Twitter-gebruikers het vergelykings tussen Psalm 23 en Psalm West getref, terwyl ’n ander wou weet wat fout is met die Kardashian-West-huishouding omdat hulle die kind Psalm genoem het.

Die paartjie is bekend daarvoor dat hulle met unieke babaname vorendag kom. Hul ander kinders het name soos Chicago, Saint en North.

View this post on Instagram

?Psalm West ?

A post shared by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Meer oor:  Psalm West  |  Kim Kardashian-West
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.