Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Hanks en sy vrou terug in VSA ná virus-isolasie
Tom Hanks en Rita Wilson is terug in Amerika. Foto: Getty Images

Die Hollywood-ster Tom Hanks en sy akteursvrou, Rita Wilson, is terug in Amerika nadat albei gesond is nadat hulle Covid-19 in Australië opgedoen het.

Hanks en Wilson was in Australië om aan sy nuwe fliek oor Elvis Presley te werk toe albei van hulle lyfseer en koors gehad het.

Hulle is vir Covid-19 getoets en nadat die toetsuitslae positief teruggekom het, in ’n hospitaal in Queensland behandel.

Hanks en Wilson is daarna terug na hul huis in Queensland waar hulle in isolasie gebly het.

Hulle het Saterdag na Amerika teruggekeer.

“Ons is terug by die huis en nes die res van Amerika is ons besig om binne te bly en seker te maak ons handhaaf ’n gesonde afstand van mense.”

Hanks het in ’n Twitter-boodskap almal in Australië bedank wat gehelp het om hulle op die herstelpad te kry.

“Hul versorging en leiding het gemaak dat ons weer kon terugkeer na Amerika.”

Hy het ook almal bedank wat na hulle uitgereik het terwyl hulle siek was.

Wilson het op 29 Maart ook ’n Twitter-boodskap gedeel waarin sy skryf sy vier haar goeie gesondheid nadat sy van Covid-19 herstel het, asook borskanker vyf jaar terug oorwin het.

“So, vandag op 29 Maart, vier ek die mooi van die lewe en die seëninge wat God my gegee het. En my goeie gesondheid, selfs noudat ek Covid-19 oorwin het. Neem asseblief ’n oomblik vandag en neem kennis daarvan dat ons liggame ’n wonderlike skepping is.”

Sy skryf ook in ’n aparte boodskap dat sy vyf jaar terug borskanker oorwin het en in remissie is.

Meer oor:  Tom Hanks  |  Vsa  |  Isolasie  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.