Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Harrison Ford: Dít is wat jy in jou huwelik moet doen
Harrison Ford en sy derde vrou, Calista Flockhart, is al tien jaar lank getroud en 18 jaar ’n paartjie. Foto: Getty Images

Nie eens die gevreesde Indiana Jones sal met ’n vuurvreter soos Ally McBeal moeilikheid soek nie, want daar is ’n maklike resep om in ’n huwelik te volg.

So spot die filmster Harrison Ford (77) wat oor die jare onder meer bekendheid verwerf het vir sy rol as Jones en Han Solo, toe hy onlangs in ’n onderhoud met die tydskryf Parade gesê het hy het ’n paar wenke oor die huwelik deur die jare geleer.

Moenie praat nie. Knik net jou kop.
Harrison Ford
Ford en Flockhart het in 2002 by die Golden Globes ontmoet. Foto: Getty Images

“Moenie praat nie. Knik net jou kop,” sê Ford.

Ford is sedert 2010 met die Ally McBeal-aktrise Calista Flockhart getroud nadat hulle in 2002 by die Golden Globes ontmoet het. Ford was toe nog met sy tweede vrou, Melissa Mathison, getroud.

Ford en Mathison het in 2004 geskei, nadat hy het in 2003 al gesê het hy is verlief op Flockhart.

Hy en Flockhart was agt jaar lank saam voordat hulle getrou het.

Flockhart het ook talle laat lag, toe sy as die joernalis Cat Grant in die Supergirl-reeks die spot met haar en Ford se huwelik gedryf het.

“Bel vir Harrison Ford en sê vir hom ek is gevlei, maar vir eens en vir altyd: Ek gaan nie met ouer mans uit nie!” het Flockhart as die joernalis Grant in 2016 in die reeks gesê.

Ford was ook vantevore met Mary Marquardt getroud.

Ford het vier kinders uit sy twee vorige huwelike, terwyl Flockhart ’n aangenome seun het. - Bronne: CNN en Parade.com.


Meer oor:  Harrison Ford  |  Huwelik
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.