Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Harry en Meghan wil op hul eie voete staan

Prins Harry en sy vrou, Meghan Markle, het bekend gemaak dat hulle voortaan ’n minder aktiewe rol in die Britse Koningshuis gaan vervul en net deeltyds in die Verenigde Koninkryk (VK) gaan woon.

Luidens ’n verklaring deur die paartjie op hul Instagram-rekening, wat onder meer deur die Britse joernalis Piers Morgan gedeel is, het die Sussex-gesin besluit om terug te tree en afstand te doen van hul posisie as senior lede van die koninklike familie en finansiële onafhanklikheid na te streef.

meghan,harry
FILE PHOTO: Britain's Prince Harry and his wife Meghan, the Duke and Duchess of Sussex, look on at the Youth Employment Services (YES) Hub as they visit a township in Johannesburg, South Africa, October 2, 2019. Facundo Arrizabalaga/Pool via REUTERS/File Photo

Voorts sal hulle en hul seun, Archie Harrison Mountbatton-Windsor, hul tyd tussen die VK en Noord-Amerika verdeel.

Hulle het egter die versekering gegee dat die Britse koningin en die Statebond steeds hul volle ondersteuning geniet.

“Hierdie geografiese balans gun ons die geleentheid om ons seun met waardering vir die koninklike tradisie waarin hy gebore is groot te maak, maar gee die familie nou die geleentheid om op die volgende hoofstuk van ons lewens te fokus,” sê die Sussex-gesin in hul verklaring.

Morgan het uitgevaar teen die aankondiging deur Meghan daarvan te beskuldig dat sy haar eie familie en vriende in die steek gelaat het, Harry van sy familie vervreem het en ’n wig tussen hom en sy broer, William, gedryf het, berig die Daily Mail . 

Gerugte doen al ’n geruime tyd die ronde dat Harry en Meghan Kanada toe wil trek en hulle het in Desember ’n digitale Kerskaartjie van hulle en Archie op sosiale media gedeel wat vermoedelik in Toronto, Kanada, geneem is.

Die gesin was toe reeds verskeie weke lank in Kanada op ’n gesinsvakansie.

Hoewel die Sussexe se lang vakansie uit die openbare kollig met die goedkeuring van koningin Elizabeth geskied het, is hul afwesigheid by vanjaar se Kersvierings op Sandringham ’n punt van omstredenheid in die Britse pers.

Harry en Meghan het in ’n TV-dokumentêr wat tydens hul toer in Suider-Afrika in die tweede helfte van verlede jaar verfilm is, openhartig gepraat oor die media-aandag waaraan hulle onderwerp word.

Harry het in Harry and Meghan: An African Adventure ook nie veel gedoen om gerugte van onenigheid tussen hom en sy broer, prins Willam, te ontken nie. Harry se kwesbaarheid oor die dood van sy ma, Diana, en die rol wat hy dink steelfotograwe in haar uiteindelike dood gespeel het, was ook duidelik.


Meer oor:  Meghan En Harry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.