Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Harry los baba Sussex tuis om te gaan werk

Prins Harry gaan sy pasgebore seun en sy vrou in Frogmore-kothuis agterlaat om wél die bekendstelling van die Invictus-spele in Den Haag by te woon.

Chris Ship, koninklike redakteur van die TV-netwerk ITV, het Maandagaand bevestig Harry sal na Den Haag reis.

Gelukkig is Meghan se ma, Doria Ragland, byderhand om te help met haar eerste kleinkind.

Die Invictus-spele word as Harry se “ander baba” bestempel. Dié spele was die prins se geesteskind. Hy het ook die Invictus-spele in 2017 in Toronto gekies om vir die eerste keer saam met Meghan in die openbaar te verskyn.

Die amptelike bekendstelling van die spele, wat in 2020 in Den Haag plaasvind, vind Donderdag plaas.

Die prins sal egter nie ’n nag weg van die huis wees nie. Hy kan eerskomende Donderdag vroegoggend ’n vlug na Nederland haal en dieselfde aand weer terugvlieg.

Prins Harry het die media verras toe hy hulle binne Windsorkasteel se gronde ingelig het dat hy en Meghan ’n seun ryker is. Die prins het voor die perdestalle sy kort nuuskonferensie gehou.Foto: Reuters

Harry sou aanvanklik ook Woensdag ’n amptelike besoek aan Amsterdam bring, maar dié besoek is afgestel weens die botsende mediabelange van Harry en ander senior koninklikes.

Sy pa, prins Charles, en stiefma, Camilla, vertrek ook Woensdag op ’n ampsbesoek aan Duitsland. Hulle sal vermoedelik van die eerste besoekers aan Frogmore-kothuis wees.

Koningin Elizabeth, wat volgens tradisie eerste van die kleinding se geboorte ingelig is, sal ook binnekort haar nuwe agterkleinkind sien. 

Meer oor:  Meghan  |  Prins Harry  |  Britse Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.