Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Harry, Meghan kloek om ‘oulikste’ Archie

Watwou kraamverlof! Meghan, die hertogin van Sussex, en prins Harry koer nog oor hul eersteling, Archie, maar vir haar passies sal Meghan altyd tyd maak – al is dit om tussen Archie se slaaptyd en doeke omruil ’n onderhoud toe te staan.

Hello! berig Meghan sal aanstaande week reeds die deure van haar en Harry se tuiste, Frogmore Cottage, vir die Britse glanstydskrif Vogue oopgooi. Sy sal nie net vir ’n fotosessie poseer nie, maar ook ’n onderhoud toestaan en ’n artikel skryf oor vrouebemagtiging en onderwys, twee sake wat haar na aan die hart lê.

Meghan het egter gevra dat sy nie op die voorblad verskyn nie, berig The Sun.

Die redakteur van die Britse Vogue, Edward Enninful, het dié koninklike bydrae bewerkstellig.

Klein Archie en Harry is egter nie deel van die onderhoud-en-foto-pakket nie. Of hulle teenwoordig sal wees met die onderhoud, is ook te betwyfel.

Die twee slaap glo min omdat hulle self na Archie omsien, want volgens berigte het hulle nog nie ’n baba-oppasser aangestel nie.

Meghan ruil die baba se doeke om en Harry maak vir kuiergaste tee, het elle.com Dinsdag berig.

Een van die skrywer Carolyn Durand se bronne het verklap dat Archie “die oulikste klein dingetjie” is en dat Harry en Meghan versot is op hul seun. Meghan borsvoed ook haar baba.

Hoewel sy nog met kraamverlof is, het sy die afgelope naweek die viering van koningin Elizabeth se amptelike verjaardag saam met Harry bygewoon. Die Vaandeldagparade en verskyning op Buckingham-paleis se balkon is ’n familieverpligting waaroor die koningsgesin baie ernstig voel.

Baba Archie het doodstil gelê en slaap toe sy ma en pa hom 'n paar dae na sy geboorte vir die wêreld gewys het. Foto: https://www.royal.uk/archie-harrison-mountbatten-windsor
Meghan, hertogin van Sussex, Saterdag by die Vaandeldagparade. Foto: Getty Imanges

Meghan het net soos haar skoonsuster, Catherine, prins William se vrou, verlede jaar ook haar kraamverlof onderbreek om dié verpligting na te kom.

Meghan het saam met Catherine, Harry en Camilla, hertogin van Cornwall, in ’n koets gery en op die balkon in die agterste ry koninklikes gestaan.

Hoewel Archie nie te sien was op die balkon nie, is dit moontlik dat hy wel na die paleis saamgeneem is.

Meghan het ’n maand voordat haar en Harry se verlowing in November 2017 aangekondig is, op die voorblad van nog ’n glanstydskrif, Tatler, verskyn. Catherine, hertogin van Cambridge, was in Junie 2016 die gasredakteur en voorbladgesig van die Britse Vogue.

Meer oor:  Uitlewering  |  Betogings  |  Hong Kong  |  China  |  Uitleweringswetgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.