Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Harry, Meghan onthou verlowing met nuwe troufoto

Hoewel prins Harry en sy vrou, Meghan, hertogin van Sussex, tans ’n lang breek uit die kollig neem, het hulle Donderdag hul verlowing twee jaar gelede op Instagram gevier met ’n nuwe troufoto.

In die onderskrif by die swart-en-wit foto word hul verlowing twee jaar gelede in herinnering geroep, en geskryf sedertdien is hulle getroud, het hulle hul eerste huweliksherdenking gevier en ’n kleinding, Archie, ryker geword.

Die troufoto is in die roostuin by Windsor-kasteel geneem, dieselfde plek waar foto’s van die ouerpaar en Archie Harrison Mountbatten-Windsor geneem is met dié se doop in Julie vanjaar.

Die Sussex-paartjie neem tans ’n breek van ses weke nadat hulle in ’n TV-dokumentêr oor hul toer na Suid-Afrika gesê het hulle kry swaar in die koninklike kollig.

Harry het ook in die dokumentêr bevestig dat hy en sy ouer broer, William, nie meer so na aan mekaar is nie en verskillende paaie volg.

Dit is nie bekend of die Sussexe tans in Brittanje is of na Amerika gereis het om Dankseggingsdag saam met Meghan se ma, Doria Ragland, deur te bring nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.