Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Harry, Meghan se vakansieplek nie meer 'n geheim

Nie eens prins Harry en sy vrou, Meghan, kan dit regkry om vir ses weke in die geheim iewers in die wêreld vakansie te hou nie.

Die twee is op verskillende plekke op Vancouver-eiland in Brits-Columbië in Kanada gesien.

Bev Knoffel, wat op die eiland woon, het volgens die Vancouver Sun  gesê die hertog en hertogin word gereeld gesien waar hulle in die Horth Hill-streekpark draf en stap. Sy self het met die paartjie se veiligheidswagte gepraat.

Haar man, Pierre, het die telefoon in hul restaurant in Deep Cove beantwoord toe die paartjie ’n bespreking wou maak. Pierre moes hul bespreking afkeur weens al hul veiligheidsvereistes, berig die Vancoucer Sun.

Die Sussexe het nie die afgelope Kerstyd op Sandringham saam met koningin Elizabeth en senior koninklikes deurgebring nie, maar verkies om hul eerste Kersfees as ’n gesin op hul eie deur te bring. Mailonline het berig dat Meghan se ma, Doria Ragland, Kersdag saam met die Sussexe deurgebring het.

Die Sussexe se keuse van Kanada as vakansiebestemming is deur Buckinghampaleis bevestig, maar die paleis het geen verdere inligting oor die vakansie vakansie gegee nie.

Selfs Justin Trudeau, die Kanadese premier, het die paartjie op Twitter in Kanada verwelkom.

Sowel Harry as Meghan het die versugting gehad om vir ses weke uit die openbare oog te tree nadat albei in die TV-dokumentêr Harry and Meghan: An African Adventure gepraat het oor die fel kollig. Meghan het selfs so ver gegaan deur te sê haar vriende het haar oor die Britse poniepers gewaarsku, maar dat sy nooit besef het beriggewing sal so genadeloos wees nie.

Daar word wyd aanvaar dat die paartjie die tyd uit die kollig sal gebruik om oor hul toekoms in die koninklike kollig te besin.

Die skouspelagtige Vancouver-eiland is ook die vakansiebestemming van ’n hele paar sterre – soos Lady Gaga, Chris Hemsworth, Jack Black, Uma Thurman, Alanis Morissette – en ook Trudeau, berig papercitymag.com.

Saamgestel deur Arlene Prinsloo. Bykomende bronne: Vancouver Sun, Hello, Mailonline


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.