Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Harry, Meghan wil net 2 kinders hê

Prins Harry van Brittanje het in ’n onderhoud met die tydskrif Vogue gepraat oor mense se “onbewuste neiging” om rassisties te wees.

Prins Harry met sy en Meghan, hertogin van Sussex, se eersteling, Archie. Foto: AP

Jane Goodall, die sjimpanseevrou van Afrika en algemeen bekende bewaringsgesinde, het met Harry gepraat oor die impak van jou omgewing en hoe jy grootword op jou sienings.

Die onderhoud sal in die September-uitgawe verskyn waarvan Harry se vrou, Meghan, die gasredakteur is.

Harry (34) het al rassistiese ondertone gekritiseer in mediaberigte oor Meghan (37), wie se ma ’n swart Amerikaner is en haar pa wit.

Harry sê mense besef nie altyd hul vooroordele en die stigma wat van generasie na generasie aan hulle oorgedra is.

“Ondanks die feit dat jy na iemand sal gaan en sê wat hy nounet gesê of gedoen het, is rassisties, sal die persoon omdraai en sê: ‘Ek is nie ’n rassis nie’,” sê hy.

“Ek sê nie jy is ’n rassis nie, ek sê net dat jou onderbewussyn daartoe neig weens die manier waarop jy grootgeword het, jou opvoeding en jou omgewing, en dat dit jou sienings beïnvloed het op ’n manier waarop jy heeltemal natuurlik nie so na iemand sou gekyk het nie.”

Harry en Goodall stem saam dat kinders geleer word om te haat.

“Maar weer, net soos die stigma oor generasies heen geleer word, leer jy dit van jou familie, die ouer generasie, van die advertensiebedryf en van jou omgewing.”

Harry het net soos sy pa, prins Charles, al oor klimaatsverandering gewaarsku. Hy het in die onderhoud na sy kommer oor die toekoms van die planeet verwys, wat die onderwerp na kinders gelei het.

Harry en Meghan se eerste kind, ’n seuntjie wat hul Archie gedoop het, is in Mei gebore.

“Ek wou altyd seker maak, selfs voordat ek ’n kind gehad het en gehoop het op kinders . . .,” het Harry begin sê toe Goodall hom onderbreek het deur te sê: “Net nie te veel nie!”

Hy het geantwoord: “Twee, maksimum! Maar ek het altyd gedink: Hierdie plek word net aan ons geleen. En sekerlik, terwyl ons so intelligent is soos ons is, of so ontwikkeld is soos ons almal veronderstel is om te wees, moet ons tog in staat wees om iets beters vir die volgende generasie na te laat.” – Reuters

Meer oor:  Vogue  |  Harry  |  Jane Goodall  |  Meghan  |  Rassisties  |  Kinders  |  Koninklike Gesin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.