Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Harry sê media sal hom nie boelie soos sy ma

Hy sal nie geboelie word om dieselfde speletjie met die media te speel wat hy glo tot die dood van sy geliefde ma, Diana, gelei het nie.

Só sê prins Harry in ’n nuwe TV-dokumentêr, Harry And Meghan: An African Adventure, wat pas in die buiteland uitgesaai is.

Die prins sê ook die herinneringe aan sy ma is steeds soos ’n rou wond en dat hy en sy ouer broer, prins William, inderdaad nie meer so na aan mekaar is as tevore nie.

Op die joernalis Tom Bradby se vraag of daar inderdaad soos berig word ’n breuk tussen hom en William was, antwoord Harry “dinge gebeur maar”.

Meghan, hertogin van Sussex, en prins Harry tydens hul onlangse besoek aan Johannesburg. Foto: Getty Images

Hulle volg tans verskillende paaie en sien mekaar min omdat albei so bedrywig is, sê Harry. “Ek is bitterlik lief vir hom . . . maar as broers het jy goeie en slegte dae.”

Harry sê deel van sy werk is bloot om dapper voor te kom en die ander wang te draai. “Ek wil nie ’n herhaling van die verlede hê nie. Alles waardeur my ma is en wat met haar gebeur het is steeds ongelooflik rou vir my.”Hy beklemtoon ook dat hy sy gesin ten alle koste sal beskerm.

Die druk waaronder Meghan is spreek ook duidelik uit haar antwoord op Bradby se vraag oor hoe sy die afgelope jaar ervaar het. Sy sê sy is nie “oukei” nie, en dat haar vriende haar teen die Britse poniepers gemaan toe sy haar verhouding met Harry begin het.

“Ek het nooit gedink dit gaan maklik wees nie, maar ek het gedink dit sal regverdig wees – dis die deel waarmee ek sukkel om vrede te maak.”

Sy sê verder “dit is nie genoeg om net te oorleef nie. Dit is nie die punt van die lewe nie. Jy moet kan blom en gelukkig wees.”

* Harry en Meghan sal van middel-November af ’n blaaskans van ses weke van enige koninklike verpligtinge neem. Die meeste van dié tyd sal hulle in Amerika, Meghan se geboorteland, deurbring.

* Meghan se eerste verpligting ná die uitsaai van die dokumentêr is Woensdagaand in Londen.

* Die paartjie is ook in regsaksie gewikkel met ’n paar Britse poniekoerante oor die publisering van ’n brief wat Meghan aan haar vervreemde pa, Thomas Markle, geskryf het, en oor die onderskepping van Harry se stempos.

Ek het nooit gedink dit gaan maklik wees nie, maar ek het gedink dit sal regverdig wees – dis die deel waarmee ek sukkel om vrede te maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.