Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Harry wen saak oor foto’s van sy, Meghan se huis

Prins Harry sal ’n aansienlike bedrag aan skadevergoeding ontvang van ’n foto-agentskap wat met ’n helikopter oor sy plattelandse huis gevlieg en foto’s geneem het, berig The Sun.

Prins HarryFoto: Reuters

Splash News, wat op 9 Januarie oor Harry en Meghan, die hertogin van Sussex, se huis in Cotswolds gevlieg het om eksklusiewe foto’s te neem, het gesê dit was ’n oordeelsfout en het verskoning gevra.

Die foto’s wat in The Sun gepubliseer is, het ook die binnekant van die huis gewys.

Die koerant het die huis, ’n skuur wat herbou is, as ’n “liefdesnessie” beskryf.

Harry se regspan het aangevoer dat die foto’s van die binnekant van die huis in Oxfordshire die veiligheid van die prins ondermyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.