Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Harry wil Diana se werk in Angola voltooi

Prins Harry wil die werk wat sy ma, Diana, vir die teenlandmynveldtog in Angola gedoen het, voortsit en voltooi.

Hy het Maandag gepraat op ’n geleentheid in Londen waarop bekend gemaak is dat Angola $60 miljoen bewillig het om die Okavango-delta in die land van landmyne skoon te maak.

Diana, ontslape prinses van Wallis, het die land maande voor haar dood in Augustus 1997 besoek vir die Halo-trust, die grootste nieregeringsorganisasie wat hom vir die verwydering van landmyne beywer.

Prins Harry Maandag in Chatham House in Londen aan die woord, waar aangekondig is dat miljoene rande beskikbaar gestel is om landmyne uit die Okavango-delta in Angola te verwyder. Foto: Getty Images

Sy het 22 jaar gelede deur ’n mynveld gestap waar die Halo-trust besig was om landmyne te verwyder. Dié beelde het destyds die aandag skerp op die landmynkwessie gevestig.

Harry beplan om later vanjaar, moontlik saam met Meghan, sy vrou, weer ’n besoek aan Angola te bring – juis om publisiteit aan die teenlandmynveldtog te verleen.

Hy het in sy toespraak gesê hy het op sy besoek in 2013 aan Angola ’n sukkelende gemeenskap in ’n verlate landskap gesien, ’n gemeenskap wat nie van die grond gebruik kon maak nie. “Ons moenie vergeet dat landmyne ’n humanitêre kwessie is en nie net ’n politieke een nie.”

Die prins het gesê finansiering van die teenlandmynveldtog het die afgelope dekade met sowat 90% afgeneem. “Daar is nog heelwat om te doen.”

Die verwydering van landmyne in die Okavango-delta sal bewaringsinisiatiewe in dié laaste “wildernis” ter wêreld bevorder.

Diana, ontslape prinses van Wallis, het Angola in Januarie 1997 besoek. Sy het tydens dié besoek deur ’n mynveld in Huambo gestap wat die Halo-trust besig was om skoon te maak. Foto: Getty Images

Harry het verwys na die positiewe verandering wat sy ma se besoek destyds aan die mynveld in Huambo gebring het. Chris Ship, ITV se koninklike redakteur, het ’n foto getwiet van waar Diana destyds gestap het, en hoe dié gebied vandag lyk, ’n klein dorpie.

“Wat minder bekend is, is die impak wat landmyne op die natuur en bewaring het,” het Harry gesê.

Hy het lande daaraan herinner om nie ’n taak halfpad te los nie, “en dat daar ’n einde in sig is”.

Altesame 153 mynvelde binne die nasionale parke van Mavinga- en Luengue-Luiana in die suidoostelike provinsie van Cuando Cubango sal skoongemaak word.

Volgens die Halo-trust sal nog $60 miljoen benodig word om die mynvelde buite die parke, maar rondom die rivierstelsels wat die Okavango voed, van landmyne skoon te maak.

Meer oor:  Meghan En Harry  |  Prinses Diana
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.