Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Heinz vier 40ste op gebedstoer vir reën
Heinz Winckler lei die lofsang Donderdag op George terwyl die burgemeester van dié dorp, Melvin Naik, en raadslid Elizabeth Stroebel saam met geestelike leiers by hom aansluit. Foto: Verskaf

Die sanger Heinz Winckler het Donderdag sy 40ste verjaardag gevier op ’n fietstoer waartydens hy die speke laat sing vir reën.

Winckler en ander gelowiges het Woensdag uit Beaufort-Wes in die Klein Karoo vertrek na Mitchells Plain naby Kaapstad waar hulle Saterdag by Angus Buchan se biddag sal aansluit.

Die doel van die fietstoer is om vir geestelike en fisieke reën vir die Wes-Kaap te bid. Fietsryers het Donderdag die M12 oor die Outeniquapas gevolg tot in George waar hulle saam met die burgemeester van George, Melvin Naik, en ander geloofsleiers van die gebied gebid het.

Winckler het lofsang en aanbidding gelei en daar is vir George gebid.

Winckler het lofsang en aanbidding gelei en daar is vir George gebid.

Lede van Winckler se fietstoer het ook Woensdag in Beaufort-Wes en Oudtshoorn gebid.

Donderdag het hulle ook in Mosselbaai, Riversdal en Heidelberg gestop vir gebede.

Langs die roete is Winckler se verjaardag ook gevier. In Oudtshoorn het hy ’n kolwyntjie gekry en in Hartenbos ’n gebakte kaaskoek waarop die syfers 40 aangebring is.

Die groep – hulle noem dit ’n “brandpad-fietstoer” – sal Vrydag in Swellendam en Riviersonderend stop voordat hulle by die Theewaterskloofdam sal bid.

Heinz Winckler het Donderdag 40 jaar oud geword terwyl hy op die gebedsfietstoer na Kaapstad op pad was. Foto: Instagram/@heinzwinckler

“Ons glo dat God vir ons ’n visie gegee het van wat kan gebeur as leiers van sleuteldorpe in die Wes-Kaap byeen kom, bid, om vergifnis vra en vergewe, en dat dit ’n plan van aksie in plek sal bring wat die atmosfeer in hul dorpe sal verander oor kwessies soos rasseveroordeling, armoede, ongelykheid en maatskaplike geregtigheid. Ons glo dat daar ’n skakel is tussen die aktivering en die opening van die hemele – geestelik en fisiek,” het Winckler op sosiale media gesê.

Winckler het ook ’n foto gedeel van waar hy en sy vrou, Alette, in uitrustings uit die 1970’s geklee is en dit blyk of sy 40ste verjaardag by ’n ander geleentheid só gevier is.

Sowat 200 000 mense word Saterdag verwag by die It’s Time-biddag van Buchan.

#EnchantedCoffee #Oudtshoorn #firetrail #birthday

A post shared by Heinz Winckler (@heinz.winckler) on

#firetrail #powerprayerpath #george #letitrain #itstime

A post shared by Heinz Winckler (@heinz.winckler) on


Meer oor:  Heinz Winckler  |  Beaufort-Wes  |  Reën  |  Verjaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.