Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Hello Adele sê koebaai huwelik

Nóg ’n sprokie is tot niet: Die immergewilde Britse sangeres Adele en haar man gaan skei.

’n Woordvoerder van die sangeres het Saterdagoggend bevestig Adele en haar man, Simon Konecki, se huwelik is op die rotse.

“Hulle bly daartoe verbind om hul seun saam in ’n liefdevolle verhouding groot te maak. Ons vra dat hul privaatheid gerespekteer word,” was al wat die woordvoerder gesê het te midde van bespiegelings die afgelope ruk dat die paartjie nie meer saam is nie.

Adele

’n Bron het aan The Sun vertel die twee is al ’n geruime tyd nie meer bymekaar nie en dat hul vriende geweet het hulle wil nie weer probeer om hul huwelik te red nie.

“Hulle het vir jare probeer, maar uiteindelik moet mens aanvaar dinge gaan net nie werk nie.”

Adele en Konecki se seun, Angelo, is in 2012 gebore en Adele het eers in 2017 verklap dat sy toe al ’n ruk lank getroud is, berig CNN.

Konecki is ’n sakeman wat ’n liefdadigheidsorganisasie, Life Water, begin het. Dié organisasie beywer hom vir toegang tot skoon water wêreldwyd.

Volgens The Telegraph was die paartjie vyf jaar saam.

Adele het sterstatus bereik met haar albums 19, 21 en 25.

Laasgenoemde het ’n rekordgetal verkope in die eerste week bereik toe 800 000 aanhangers haar album gekoop het, volgens die BBC. Haar lied “Hello” van die album 25 was wêreldwyd ’n treffer. Sy spog met verskeie pryse en het al 15 Grammys gewen.





Meer oor:  Adele  |  Egskeiding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.