Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Hier is die nuwe Mnr. SA!
Hannes Van Der Walt (39), die nuwe Mnr. SA.Foto: Verskaf
De Villiers Koster van Johannesburg is die naaswenner van die Mnr. SA-kompetisie. Foto: Verskaf
Lee Jordan Jacobs van die Paarl is die tweede naaswenner. Foto: Verskaf

Hannes van der Walt, ’n 39-jarige weldoener van Kempton Park, is pas aangewys as die nuwe Mnr. SA.

Van der Walt is op ’n aanlyn geleentheid aangewys en die organiseerders het veral gewys op sy nederigheid, deernis en leierseienskappe wat reeds van vroeg in die kompetisie duidelik na vore getree het.

Hy het al die eienskappe wat hulle in ’n Mnr. SA wil sien, sê die organisasie in ’n verklaring.

Van der Walt het in sy formele onderhoud vir die kompetisie gesê hy sal graag dié platform wil gebruik om beter mans en pa’s groot te maak om sodoende ’n beter samelewing te skep.

Die organisasie sê in ’n verklaring dít is ’n projek wat hy sterk sal ondersteun.

Van der Walt het ’n groot passie vir gesinne.

“Ek het grootgeword met ’n fantastiese pa en daarom kan ek ook ’n goeie pa vir my kinders wees.”

Luidens die verklaring het die nuwe Mnr. SA reeds sy eie niewinsgewende organisasie, Shine On, wat hoofsaaklik op die voedingsbehoeftes van minder bevoorregte kinders in die land fokus.

“Hy wil nie net minder bevoorregte gesinne help nie, maar hoop ook dat kinders daardeur sal leer om vrygewig en vriendelik te wees.”

De Villiers Koster van Johannesburg is die naaswenner en Lee Jordan Jacobs van die Paarl was derde.

Meer oor:  Hannes Van Der Walt  |  Mnr. Sa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.