Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Hier is Mej. Heelal se roete deur Jhb Donderdag

Zozibini Tunzi, huidige Mej. Heelal, gaan Donderdag met ’n oop bus deur die strate van Johannesburg geneem word as deel van haar tuiskomsvieringe.

Tunzi het Saterdagoggend by die O.R. Tambo-lughawe geland en het reeds ’n aantal verrigtinge in die Oos-Kaap bygewoon.

Zozibini Tunzi, die huidige Mej. Heelal, Saterdag tydens haar heldeontvangs by die O.R. Tambo-lughawe.Foto: Brümilda Swartbooi

Geoffrey Makhubo, burgemeester van Johannesburg, en Loyiso Masuku, burgemeesterskomitee-lid, sal by Zozi, soos sy alom bekendstaan, op die bus aansluit.

“Zozibini het ons land en kontinent trots gemaak. Ons is baie bly om haar oorwinningsreis in Johannesburg aan te bied. Afrika se finansiële hoofstad, Johannesburg, het uitstekende internasionale blootstelling geniet vanweë ambassadeurs soos Zozi. Ons groet haar en wens haar sterkte toe met haar nuwe tuiste in New York.”

Zozibini Tunzi tydens ’n straatparade Saterdag in Mthatha in die Oos-Kaap. Foto: Yolanda van der Stoep

Mej. Heelal se bus vertrek om 09:00 by die Maslow-hotel in Sandton. Johannesburgse metropolisiebeamptes sal die bus vergesel. Die busrit sal teen 12:00 weer by die Maslow-hotel eindig.

Bustoer

Ná Tunzi se busrit in Johannesburg vlieg sy na Kaapstad waar sy ’n eregas van pres. Cyril Ramaphosa sal wees by die staatsrede in die parlement.

Vrydag kan Kapenaars gereed maak om vir Tunzi te sien.

Meer oor:  Zozibini Tunzi  |  Johannesburg  |  Kroon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.