Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Hier is SA man aan Brandi Cyrus se sy

Dit gons vir maande oor wie die misterieuse donkerkopman is aan die sy van Brandi Cyrus (33), suster van die Amerikaanse sanger Miley Cyrus.

Sy het hom bloot Ry genoem op sosiale media en gesê hy kom van Suid-Afrika. Sy het selfs op sy verjaarsdag vir hom ’n Afrikaanse boodskap geskryf op Instagram.

Dit het intussen aan Newerk24 bekend geword dat Brandi se bosveld-prins se naam Reinhardt Visser is, ’n wildbewaarder en veldgids wat voorheen in die Addo-olifantpark gewerk het.

Reinhardt Visser en Brandi Cyrus. Foto: Instagram/Brandi Cyrus

Visser dui op sosiale media aan dat hy al voorheen in Somerset-Wes naby Kaapstad as ’n konsultant vir verskeie handelsmerke soos Pick ’n Pay en Tyger Brands gewerk het, waarna hy ’n werk gekry het as ’n veldgids by die Gorah-Olifantkamp in die Addo-Olifantpark.

Daarna het hy ook in die Madikwe-natuurreservaat in Botswana gewerk, ook as ’n veldgids.

Sy ma, dr. Christine Hermanson, bedryf ’n onderneming in leierskapkonsultasie in Somerset-Wes.

Hoe Visser en Cyrus se paaie gekruis het, is nog onbekend. Visser het Vrydag nie gereageer op versoeke om kommentaar nie.

Maar Cyrus, ’n platejoggie en aktrise, het op Instagram verklap dat hulle in November 2018 ontmoet het toe sy in Suid-Afrika kom vakansie hou het.

“Presies ’n jaar gelede het ek vir die heel eerste keer na Suid-Afrika gereis, en ek het onverwags die man ontmoet wat my hele wêreld laat draai het,” het sy verlede jaar op Instagram geskryf. “Om nou terug te wees in Suid-Afrika is so onwerklik. Ek is so lief vir jou, Ry.”

Die verliefde paartjie saam in die Kalahari. Foto: Instagram/Brandi Cyrus
Tish, Billy Ray, Noah en Brandi Cyrus. Tish is Brandi se ma en Noah is Brandi se halfsus. Foto: Daily Mail

Die paartjie bevind hulle egter op die oomblik weer in verskillende lande weens reisbeperkings tydens die Covid-19-pandemie. Cyrus, wat wettig aangeneem is deur die countrysanger Billy Ray Cyrus, het voorheen op Instagram gesê hulle probeer alles om by mekaar uit te kom.

Visser se Facebook-profiel bevat min besonderhede oor hom, behalwe om te sê dat hy ’n aanhanger is van Miley (Brandi se halfsus), die sanger Trace Cyrus (Brandi se bloedbroer) en Brandi se stiefpa, Billy Ray.

Visser se donker, langerige hare en baard herinner aan ’n jonger Billy Ray, bekend vir sy treffer “Achy Breaky Heart”, wat self sy hare en baard lank gedra het en gereeld ’n hoed gedra het.

Visser sou in Mei vanjaar na Los Angeles in Amerika getrek het om by Brandi te gaan bly, maar die pandemie het hul planne in die wiele gery. Sy het nou foto’s van hulle in Suid-Afrika laat ontwikkel om in haar kamer op te sit sodat sy die ervarings kan onthou.

Hy het Woensdag sy verjaarsdag gevier en sy het op Instagram gesê sy wens hulle kon by mekaar wees.

Pogings om Brandi te kontak, was ook onsuksesvol.

View this post on Instagram

We’re both just VERY excited to be here ????

A post shared by Brandi Cyrus (@brandicyrus) on

Meer oor:  Reinhardt Visser  |  Brandi Cyrus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.