Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Hollywood-legende Carl Reiner (98) dood

Carl Reiner (98), die Hollywood-komediant, skrywer en regisseur, bekend om sy invloed op die ontwikkeling van televisiekomedies, is Maandagaand in sy huis in Beverly Hills dood.

Luidens ’n berig op die webblad Deadline is hy aan natuurlike oorsake dood.

Carl Reiner en sy seun, Rob Reiner. Carl is Maandagaand in sy huis in Beverly Hills dood. Foto: AP

Reiner se loopbaan strek oor sewe dekades. Hy het nege Emmy’s vir sy televisiewerk ingeryg.

In die 1950’s het hy geskryf en opgetree in gewilde programme soos Caesar’s Hour en Your Show of Shows saam met Sid Caesar. In die 1960’s het hy veral naam gemaak met The Dick Van Dyke Show. Hy het dit nie net vervaardig en geregisseer nie, maar het dit ook geskryf en daarin opgetree.

Hy en die komediant Mel Brooks was hegte vriende en hulle het gereeld saam opgetree in 2000 Year Old Man en rolprente soos It’s a Mad, Mad, Mad, Mad World (1963), The Russians Are Coming, asook die gewilde Ocean’s-aksiereeks met onder andere George Clooney (2001-2007). Hy was die karakter Saul Bloom in 11 en 13.

Hy het saam met die grapjas Steve Martin gewerk en het die suksesvolle The Jerk vervaardig, wat groot roem vir Martin gebring het.

Sy stemkuns is ook in die laaste rolprent in die Toy Story-animasiereeks te hoor.

Hy is die pa van die akteur en regisseur Rob Reiner.

Bronne: Deadline, Wikipedia en The Guardian.

Meer oor:  Carl Reiner  |  Beverly Hills  |  Hollywood  |  Akteur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.