Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Hougie het nie baba aangeneem

Die Springbokrugbyspeler Francois Hougaard het nie ’n pasgebore babaseuntjie aangeneem nie.

Bewerings wat hieroor versprei word, is fopnuus.

Hougaard speel tans rugby by die Worcester Warriors in Brittanje.

Die bewerings word op Facebook geplaas op ’n profiel wat baie soos Hougaard se amptelike Facebook-profiel lyk.

“Ek het geen idee wie jy gaan wees nie, maar ek weet jy sal ons alles wees. Vanaand moes ek ’n draai maak by die General-hospitaal hier in Cheltenham. Ek het ’n onverwagte oproep ontvang van ’n aannemingsagentskap en die maatskaplike werkers wat my gehelp het met Mila. ’n Seuntjie is vandag gebore, van ’n tienerma sonder enige pa in sig. Sy het hom vir aanneming opgegee met sy geboorte.

“Dié dierbare, toekomstige Superman sal in die volgende paar dae na my en Mila tuiskom terwyl die aannemingsproses afgehandel word. #blessingsuponblessings,” lui ’n inskrywing op die profiel wat skynbaar by die Cheltenham-hospitaal op 21 Maart om 20:49 gedoen is.

Gert van der Merwe, sy agent, sê egter dit is ’n fopprofiel.

“Dit lyk asof iemand ’n profiel geskep het. Hy het nie ’n seun aangeneem nie,” sê Van der Merwe.

Tom Parsons, die Worcester Warriors se woordvoerder, het ook die bewering ontken.

“Ek kan bevestig dat hierdie nuus nie waar is nie,” het Parsons by navraag gesê.

Volgens Hougaard se Instagram-profiel lyk dit nie of daar ’n spesiale vrou in sy lewe is nie. Hy spog egter gereeld met sy swart Lamborghini.

Welcome to the dark side ?? She’s finally home ??

A post shared by Francois Hougaard (@francoishougaard_) on

?? ??? ??????? ??????? ??

A post shared by Francois Hougaard (@francoishougaard_) on

Gotta learn to line them up and then attack peow peow ??

A post shared by Francois Hougaard (@francoishougaard_) on

Meer oor:  Worcester Warriors  |  Francois Hougaard  |  Brittanje  |  Celebs  |  Vermaak  |  Fopnuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.