Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Huldeblyke stroom in vir Hollywoodster Burt Reynolds
Huldeblyke het Donderdag ingestroom vir Burt Reynolds wat op 82-jarige ouderdom aan ’n hartaanval in Florida oorlede is.Foto: Getty Images

Huldeblyke het Donderdag ingestroom vir Burt Reynolds wat op 82-jarige ouderdom aan ’n hartaanval in die Amerikaanse deelstaat Florida oorlede is.

Arnold Schwarzenegger het Reynolds, wat veral in die jare 70 naam gemaak het met films soos “Smokey and the Bandit” en “The Cannonball Run”, as ’n held beskou. In ’n twiet op sosiale media sê Schwarzenegger dat Reynolds gewys het dat ’n sportster ook ’n akteur kon word.

Ander groot name in vermaaklikheidsbedryf soos Elijah Wood, Mark Wahlberg en Sylvester Stallone het hulde aan Reynolds op sosiale media gebring. Voor sy rol as hartebreker op die silwerdoek, het Reynolds vir Florida Universiteit se voetbalspan uitgedraf.

Die BBC berig dat Reynolds se loopbaan in 1977 ’n hoogtepunt bereik het toe hy die rol van ’n vragmotorbestuurder in “Smokey and the Bandit” vertolk het. Die man met die welige snor is selfs vir ’n Oscar benoem vir sy vertolking van ’n pornografiese filmregisseur in “Boogie Nights”.

Volgens ABC News het Reynolds se loopbaan as akteur in films en televisiereekse oor die ses dekades gestrek. Reynolds sou vanjaar nog in Quentin Tarantino se nuwe film “Once Upon a Time in Hollywood” teenoor Leonardo DiCapro speel.

Meer oor:  Burt Reynolds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.