Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
‘Iemand nuut’ in boer Graham se lewe

Boer Graham Lombard (28), ’n deelnemer aan die vorige seisoen van Boer soek ’n vrou op kykNET, het ná ’n liefdesteleurstelling vroeër vanjaar iemand nuut aan sy sy.

Die melk- en beesboer van Cradock is maar nog geheimsinnig oor sy verhouding met Gerda Hansen (23), maar het bevestig hy “sien iemand” en dat hulle die naweek saam met vriende in Nieu-Bethesda in die Oos-Kaap gekuier het.

Volgens haar Facebookblad kom Hansen van Pretoria en is sy ’n oudleerling van die Afrikaanse Hoër Meisieskool. “Dinge is nog in die beginfase, so om dit ’n regverdige kans te gee wil ons dit nog ’n bietjie privaat hou,” sê Lombard.

In ’n reeks foto’s op Lombard se Instagram-blad staan die tweetjies hand-om-die-lyf voor ’n pragtige uitsig. Hansen het op sommige foto’s ’n sonbril en ’n hoed op en Lombard glimlag breed. Op van die ander foto’s is nog ’n paartjie by hulle en die groep sit rondom ’n braaiplek.

Boer Graham Lombard en Gerda Hansen saam in Nieu-Bethesda in die Oos-Kaap. Foto: Instagram/Graham Lombard
Gerda Hansen saam met die gesinshond, Oakley. Foto: Instagram/Gerda Hansen

Hansen is die dogter van Petro Hansen, sedert 2012 ’n gereelde rubriekskrywer vir Die Burger en Beeld. Haar artikels het ook in Rapport Weekliks en Huisgenoot verskyn en ’n versameling van haar rubrieke is onlangs onder die naam Vervleg in boekvorm uitgegee.

Op Hansen se Instagram-blad beskryf sy haarself as ’n plattelandse meisie, ’n kreatiewe denker en ’n kookboek-fanatikus. Haar blad is gevul met foto’s van haar by die see, met honde in haar arms en omring met familielede, soos haar suster Elsa, ’n model.

In Februarie vanjaar is berig dat Lombard en Ilne Prinsloo, die vrou wat hy op die program as ’n pasmaat gekies het, se paadjies geskei het. Toe het hy gesê hoewel hy hartseer is, het hy net goeie goed oor haar te sê. Lombard het gesê dit was ’n gesamentlike besluit om vir eers halt te roep.

In Junie het Prinsloo bevestig dat sy en ’n ou kennis, Wianco Blom, ’n paartjie is.

Die nuwe seisoen van Boer soek ’n vrou begin in Januarie volgende jaar op kykNET met die model en motiveringspreker Marciel Hopkins as die nuwe aanbieder.

Meer oor:  Kyknet  |  Boer Soek ’N Vrou  |  Cradock
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.