Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Instagram-herrie: Minki sê sy was ‘verkeerd en naïef’

Die televisieaanbieder en model Minki van der Westhuizen sê sy was verkeerd en naïef oor ’n inskrywing op sosiale media wat kritiek ontlok het.

Minki van der Westhuizen Foto: Verskaf

Van der Westhuizen het Woensdag op Instagram gesê sy wou haar tuinwerker, Albert, met ’n Uber-rit huis toe bederf vir sy verjaarsdag. Hy het haar later vir die kontant gevra nadat hy die koste gesien het omdat hy die geld vir iets anders wou gebruik.

Van der Westhuizen het in dié plasing verwys na Finbond Platinum, een van haar borge, en het laat blyk dat die tuinwerker se reaksie haar laat besef het “dat ons mooi moet werk met ons hard verdiende geld. Dankie @finbond_platinum dat julle my ook hiermee help”.

Sy het ook ’n foto van haar en die tuinwerker geplaas.

Ná kritiek op haar plasing is dit intussen verwyder.

Een Instagram-gebruiker sê dit “ruik na witbevoorregting”.

Mense het Van der Westhuizen gekritiseer oor die plasing waarvoor sy in wese betaal word en het haar onder meer daarvan beskuldig dat sy uit voeling is met die werklikheid en dat die plasing onsensitief en in swak smaak is.

Van der Westhuizen het Vrydag op Facebook en Instagram by ’n foto van ’n swart hart op ’n pienk agtergrond met die woorde “liefde Minki” geskryf: “In die lig van onlangse gebeure het ek besluit om die foto van my en Albert af te haal. Alhoewel my bedoelings vanuit ’n goeie plek kom, besef ek ek was verkeerd en naïef. Ek wil baie graag ’n positiewe rol in ons samelewing speel en sal beslis my dade in die toekoms opnuut deurdink.”

In kommentaar op die inskrywing het talle mense op Facebook Van der Westhuizen geloof vir haar “dierbaarheid” en onder meer gesê hulle ken haar hart.

Volgens Channel 24 het Charles van Onselen, Finbond Mutual Bank se kommunikasiehoof, by navraag gesê hulle behou hul regte voor sonder vooroordeel om in die stadium kommentaar te lewer op die plasing self.

Volgens hom het Van der Westhuizen die plasing in haar eie hoedanigheid gemaak. As sodanig het Finbond Mutual Bank geen direkte beheer oor haar persoonlike geskrewe plasings nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.