Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Is jy oukei, Bobby?

Dit lyk of dit stukke beter gaan met die Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld nadat hy verlede week in die waakeenheid van die Wits Donald Gordon-hospitaal in Johannesburg opgeneem is.

Van Jaarsveld het Maandag foto’s van homself waar hy gesigte trek op Twitter, Instagram en Facebook geplaas en gesê dit lyk nie asof sy foon sy gesig herken nie.

“My foon herken nie my gesig nie. Die kinders het my Huawei-foon probeer oopmaak, maar kon dit nie regkry nie. Die sekuriteit is streng!”

Van Jaarsveld sê sy foon herken nie sy gesig nie. Foto: Twitter/ Bobby van Jaarsveld

Van Jaarsveld het dié inskrywing in Ballito in KwaZulu-Natal gemaak waar hy woon nadat hy verlede Donderdag in die hospitaal opgeneem is vir ’n mantelvlies-operasie.

Hy is Sondag ontslaan.

Netwerk24 se navrae aan Ronel Brink, sy ma en bestuurder, om te hoor hoe dit met Bobby gaan, is nie onmiddellik beantwoord nie.

Hy het verlede Vrydag ’n foto van hom in die hospitaal se waakeenheid op sosiale media gedeel.

“Ons deel altyd net die dinge wat goed lyk. Nie vandag nie,” het Van Jaarsveld toe geskryf.

Meer oor:  Bobby Van Jaarsveld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.