Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Is prinses Eugenie se eersteling ’n seuntjie?

Verwag prinses Eugenie ’n seuntjie?

Dít is wat koninklike kommentators wonder nadat die prinses ’n paar babaskoentjies met ’n blou voering op Instagram gedeel het.

Prinses Eugenie se inskrywing op Instagram oor haar swangerskap. Die klein stukkie blou voering wat sigbaar is, laat koninklike kommentators bespiegel dat haar eersteling dalk ’n seuntjie is. Foto: Instagram/princesseugenie

Eugenie het kort ná die Buckinghampaleis se amptelike aankondiging van haar swangerskap Vrydagoggend op Instagram geskryf: “Ek en Jack is so opgewonde oor vroeg 2021 . . . (babagesiggie).” Die inskrywing is gedoen by ’n foto van haar en Jack se hand met ’n paar babaskoentjies.

Koninklike kommentators gis al maande lank oor ’n moontlike swangerskap nadat Eugenie in Augustus met haar aankoms op Balmoral met ’n effense ronde magie gesien is. Sy en Jack het saam met ander koninklikes op die landgoed in die Skotse Hooglande aangekom om by koningin Elizabeth en prins Philip te kuier.

Eugenie het haar maag met ’n geskenk probeer bedek, maar die tonge het reeds op Twitter begin klap.

Eugenie is Woensdagaand in Londen gesien waar sy saam met haar ouer suster, prinses Beatrice, uitgegaan het. Hoewel Eugenie met haar handsak haar magie probeer bedek het, was dit duidelik dat dié jongste dogter van die omstrede prins Andrew en sy gewese vrou, Sarah, swanger is.

Prinses Eugenie is Woensdag uit saam met haar ouer suster, prinses Beatrice (agter), en het haar magie met haar handsak probeer wegsteek. Foto: Getty Images

Sarah het Vrydagmiddag op Instagram geskryf sy is opgewonde oor die swangerskap en kan nie wag om ouma te word nie. “Om ’n baba in die York-familie te verwelkom, gaan ’n oomblik van intense vreugde wees.”

Sy het in haar inskrywing geen melding van Andrew gemaak nie. Hoewel hulle al jare geskei is, woon hulle saam en het Eugenie en Jack die inperkingstyd saam met hulle deurgebring.

Sarah, hertogin van York, se inskrywing oor prinses Eugenie se swangerskap. Foto: Instagram/Sarahferguson15

Andrew handhaaf ’n lae profiel nadat sy omstrede vriendskap met die veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein hom sy rol as werkende koninklike gekos het.

Met Beatrice se troue in Julie is hy en Sarah ook nie op enige amptelike foto van die troue ingesluit nie.

Hoewel Eugenie ’n prinses is, sal haar en Jack se eersteling geen koninklike titel hê nie.

Eugenie en Jack is in Oktober 2018 in die St. George-kapel in Windsor getroud.

Haar eersteling sal prins Philip en koningin Elizabeth se negende agterkleinkind wees.

Prinses Eugenie en Jack Brooksbank op hul troudag in Oktober 2018. Foto: Getty Images
Meer oor:  Buckinghampaleis  |  Prinses Beatrice  |  Prinses Eugenie  |  Windsor  |  Eersteling  |  Baba  |  Koninklike Baba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.